South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 23

| Noteup | LawCite

Ngqumba and Another v State President and Others; Damons NO and Others v State President and Others; Jooste v State President and Others (543/86,544/86,545/86) [1988] ZASCA 23 (25 March 1988)

Download original files

PDF format

RTF format


Sake Nommers 543/86 544/86

545/86 D du p -

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die sake tussen:

1. PHILA NGQUMBA AND ANOTHER Appellante

and THE STATE PRESIDENT AND TRHEE OTHERS ... Respondente

2. ADAM DAMONS N.O. AND TWO OTHERS Appellante

and THE STATE PRESIDENT AND THREE OTHERS ...Respondente

3. COLIN ABRAHAM GODFREY JOOSTE Appellant

and THE STATE PRESIDENT AND THREE OTHERS ... Respondente

Coram: RABIE WND HR, JOUBERT, VILJOEN, HEFER et VIVIER, ARR.
Verhoordatum:
Leweringsdatum:

24 November 1987.
Maart 1988.
2.
UITSPRAAK RABIE WND HR:
Dit is 'n appèl teen die beslissing van die Oos-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof wat drie aansoeke, wat saam verhoor is, met koste af gewys het. Die uitspraak van die hof a quo (per Kannemeyer R, met wie Jennett R en Jones R saamgestem het) is gerapporteer: kyk Nqumba and Others v. State President and Others 1987 (1) SA 456 (OK). (Die spelling "Nqumba" is foutief; dit moet Ngqumba wees.)

Die aansoeke was gerig op die vrylating van

persone wat in aanhouding verkeer het nadat daar teen hulle opgetree is ingevolge die bepalings van regulasie 3(1) en 3(3) van die regulasies wat die Staatspresident ingevolge

die/

3.
die bepalings van art. 3(1)(a) van die Wet op Openbare Veiligheid, No. 3 van 1953, op 12 Junie 1986 in Proklamasie R 109 uitgevaardig het. Soos op 458 van die hofverslag gesê word, is die hof a quo in al drie die aansoeke gevra om 'n bevel uit te reik waarvolgens -

"1. The matter is dealt with as one of urgency
in terms of Rule 6(12);
2. regs 3(1) and 3(3) of the emergency regula-tions proclaimed in Government Gazette 10280 of 12 June 1986 are declared invalid;
3. the arrest of each of the applicants is declared unlawful;
4. the detention of each of the applicants is declared unlawful;
5. the third respondent is directed to secure the release of each of the applicants from
custody forwith;
6. alternatively to 2,3,4 and 5,
the third respondent is directed to furnish his written reasons for the continued de-tention of the applicants within four days of service of any order made herein and to
hear and consider submissions made there-after by the applicants for the termination
of/
4.
of their detention;

7. the third respondent is ordered to pay the costs of this application."

In twee van die aansoeke is die hof ook gevra om te beveel dat beter slaapgeriewe en voedsel aan die betrokke aan-gehoudenes voorsien moet word. Dié aangeleentheid is in die loop van die verhoor van die aansoeke deur die partye opgelos en die hof moes daarna net 'n kostebevel in verband daarmee gegee het. Dit is per incuriam nie gedoen nie.
In die eerste van die drie aansoeke was daar twee applikante, nl. Phila Ngqumba en Prince Mhamhe. In die tweede aansoek was daar drie applikante. Die eerste was Adam Damons, wat die vrylating van sy minder-jarige seun, Gareth Damons, aangevra het. Die ander twee

applikante/

5.

applikante, Mxolisi Jackson Fuzile en Brian Osteridge , was aan-

gehoudenes. In die derde aansoek het Colin Abraham Godfrey

Jooste om sy vrylating aansoek gedoen. In elk van die

drie aansoeke was die eerste drie respondente onderskeidelik

die Staatspresident, die Regering van die Republiek van

Suid-Afrika en die Minister van Wet en Orde. In al drie

die aansoeke is die bevelvoerende offisier van die polisie-

stasie of gevangenis waarin die betrokke gevangene(s) in

aanhouding was ook as respondent gesiteer.

Nadat die hof a quo die aansoeke afgewys het,

het die appellante hom om verlof gevra om na hierdie

hof te appelleer. Die aansoek is op nege gronde gedoen.

Dieselfde drie regters wat die aansoeke. verhoor het, het in

'n/.
6.
'n skriftelike uitspraak (per Kannemeyer R) aan die appellante

verlof verleen om op drie van daardie gronde te appelleer

Verlof om op die ander gronde te appelleer, is geweier.

By die aanvang van die appèl in hierdie hof is daar

ook namens die appellante betoog (soos daar/in hulle skriftelike

betoogpunte betoog is) dat die bevel wat aan hulle verlof

verleen het om na hierdie hof te appelleer, inhou dat hulle

op al die gronde, d.w.s. ook dié waarop verlof om te

appelleer geweier is, kon appelleer. Die kern van die

betoog was dat wanneer 'n appellant appelleer, hy teen die

hof se bevel appelleer en nie teen sy uitspraak of die

redes vir sy bevel nie, en dat wanneer 'n hof verlof ver-

leen/.....

7.

leen om teen sy bevel te appelleer, dit inhou dat die

appellant op enige grond kan steun. Die hof se bevinding

oor die gronde waarop hy verlof om te appelleer geweier

het, lui die betoog, is dan van bloot akademiese belang.

Die advokaat vir die respondénte het in sy skriftelike betoog-

punte met die appellante se mening oor hierdie aange-

leentheid saamgestem. Ons was egter nie daarvan oortuig

dat die advokate se mening juis was nie en het, nadat

ons hulle aangehoor het, beslis dat dit die appellante nie

vrygestaan het om te appelleer op die gronde waarop die

hof a quo hulle nie wou toelaat om te appelleer nie.

Ons het egter aangedui dat die appellante hierdie hof

om verlof sou kon vra om ook op daardie gronde te

appelleer. Hulle het dit toe ook gedoen.

Daar/....

8.

Daar is tevore al deur hierdie hof gesê
dat verlof om te appelleer tot sekere gronde beperk kan word en dat, wanneer dit gedoen word, die appèl tot daardie gronde beperk is. In R v Jantjies 1958(2) SA 273 (A) op 275 A-B het Schreiner AR in hierdie verband gesê:

"When leave to appeal is granted the leave may be limited, so as to allow only particular grounds of appeal to be advanced. This was done, for instance, in R. v. Mgxwiti, 1954 (1) S.A. 370 (A.D.) - see p. 374. But if leave to appeal is granted generally all issues may be canvassed (cf. R. v. Nzimande, 1957(3) S.A. 772 (A.D. at p. 774.)"

In S v Williams en 'n Ander 1970(2) SA 654(A) op 655 G het die hof na

R v Jantjies, supra, verwys en opgemerk dat dit gemene saak tussen die partye was dat 'n appèl tot spesifieke gronde beperk kan word. In S v Sikosana 1980(4) SA 559 (A) op
563 A-B het hierdie hof (per Diemont AR) , weer eens met 'n

verwysing/....

9.

verwysing na R v Jantjies. gesê:

"..when leave is granted the leave raay be

limited so as to allow only parricular grounds of appeal to be advanced, or leave may be granted generally so that all the isaues may be canvassed...."

In die onlangse beslissing van hierdie hof in S.v. Safatsa and Others 1988 (l) SA 868 (A) op 877 B-D is weereens bevestig dat verlof om te appelleer tot spesifieke

gronde beperk kan word.

Die beslissings waarna ek hierbo verwys het
as gesag vir die stelling dat verlof om te appelleer tot spesifieke gronde beperk kan word, was almal strafsake,

maar/.

10

maar dit is nie 'n aanduiding dat die posisie in siviele

sake anders is nie. In beginsel is daar geen rede waarom

'n hof, wanneer hy verlof gee dat. geappelleer kan word,

die gronde van appèl in 'n strafsaak sou kon beperk , maar

nie in 'n siviele saak nie.

Soos ek hierbo gesê het, het die appellante

hierdie hof versoek om hulle toe te laat om ook op dié

gronde te appelleer waarop die hof a quo verlof geweier

het. Nadat die advokate aangehoor is, het ons verlof

verdere gegee dat op drie/gronde geappelleer kan word. Die

gevolg is dat aan die appellante verlof verleen is om op

die ses gronde wat ek direk hierna sal uiteensit, en wat

ek/.....

11

ek geriefshalwe van 1 tot 6 nommer, te appelleer. Gronde

1, 3 en 6 is dié wat die hof a quo toegelaat het, terwyl
gronde 2, 4 en 5 dié is waarop ons verlof verleen het.
Die gronde is:

1. "The Learned Judges erred in law in finding that Regulation 3(1) of the Regulations contained in Proclamation R 109 of 1986 promulgated in terms of section 3(1)(a) of the Public Safety Act No. 3 of 1953 ('the Act') ('the Emergency Regulations') was intra vires the State President, and more particularly in-not holding that the regulation was void for vagueness, specifically by reason of failing to clarify
(a)

(b) how and by whom the period of detention,
within the maximum limit of 14 days indicated in

Regulation/

12

Regulation 3(2), was to be determined."

2. "The Learned Judges erred in law and in fact in

holding that the relevant members of the Police and/ or the Minister had properly and adequately applied their minds to alternative courses of action, other than arrest and detention in terms of the Emergency Regulations, for the purpose of forming an opinion whether such arrest and detention were 'necessary' for any of the prescribed purposes".

3• "The Learned Judges erred in law and in fact in

holding that, insofar as criteria for an extension decision by the Minister in terms of Regulation 3(3) could be implied, the Minister must be considered to have complied with such criteria, particularly in the light of the'Minister' s failure, despite specif ic challenge, to depose to or supply any admissible evidence showing

(a)that he had applied his mind to any of the cases under consideration and
(b)if so, what criteria, if any, he had taken into account •"

4. "The learned Judges erred in law in holding that in circumstances where the onus of proof was on the Respondents and where there was a conflict of fact on the papers the allegations made by the Respondents

were/

13

were to be accepted for the determination of such questions."

5."The learned Judges erred in law in holding that the failure to inform a detainee of the reason for his arrest and detention as soon as practicable after the physical apprehension, or alternatively at least prior to the issue of a written detention order, did not vitiate the legality of the detention, depending on the facts of each case."
6."The Learned Judges erred in failing, despite a specific request, to make an appropriate costs order

in regard to the part of the proceedings which resulted

in certain Applicants obtaining the relief they had

sought concerning the supply of adequate and suitable
food to them."

Die verskillende gronde van appèl word hier-
onder behandel. Ek wil vooraf net sê dat ek aanvaar dat
lesers van hierdie uitspraak bekend is met die inhoud
van die uitspraak van Kannemeyer R in 1987(1) SA 456.
Die feite met betrekking tot die drie aansoeke wat voor

die/

die hof a quo gedien het, blyk grotendeels uit die ge-

leerde regter se uitspraak en ek sal, behalwe waar dit nodig

of gerieflik is om dit te doen, nie herhaal wat reeds in sy uitspraak gesê word nie. Ek wil ook byvoeg dat, hoewel die appellante se stukke, en ook sommige van dié van die respondente, in Engels opgestel is, sowel mnr De Villiers, namens die appellante, as mnr Van der Merwe, namens die respondente, die hof in Afrikaans toegespreek het .Vandaar die feit dat hierdie uitspraak ook in Afrikaans is. Grond van appël (1):

Die bepalings van art. 3(1) (a) van die Wet op Openbare Veiligheid, No. 3 van 1953 (hierna "die

Wet/
14

15

Wet" genoem) en van regulasie 3(1), (2) en (3) van die regulasies wat daarkragtens in bogemelde Proklamasie R 109 van 12 Junie 1986 uitgevaardig is, is hier ter sprake Art. 3(1)(a) van die gemelde wet bepaal soos volg;

"3.(l)(a) Die Staatspresident kan in 'n gebied waarin die bestaan van 'n noodtoestand kragtens artikel twee verklaar is, en vir so lank die proklamasie wat die bestaan van so 'n nood-toestand verklaar, van krag bly, by proklamasie in die Staatskoerant die regulasies uit-vaardig wat hy nodig of raadsaam ag om voor-siening te maak vir die veiligheid van die publiek of die handhawing van die openbare orde, en om voldoende voorsiening te maak vir die beëindiging van so 'n noodtoestand, of om te handel met omstandighede wat na sy oordeel as gevolg van so 'n noodtoestand ontstaan het of waarskynlik sal ontstaan."

Reg. 3(1), (2) en (3) van die gemelde regulasies

lui/.....

lui soos volg:

16

"3.(1) 'n Lid van 'n Mag kan enige persoon wie se aanhouding na die oordeel van daardie lid nodig is vir die handhawing van die openbare orde, of die veiligheid van die publiek of daardie persoon self, of ter beëin-diging van die noodtoestand, sonder lasbrief arresteer of laat arresteer, en kan so 'n persoon by wyse van 'n skriftelike bevel deur enige lid van 'n Mag onderteken, in bewaring in 'n gevangenis aanhou, of laat aanhou.

(2)Niemand word ingevolge subregulasie (1) vir 'n tydperk van langer as veertien dae vanaf die datum van sy aanhouding aangehou nie, tensy daardie tydperk deur die Minister kragtens subregulasie (3) verleng word.
(3)Die Minister kan, sonder kennisgewing aan enigiemand en sonder om enigiemand aan te hoor, by wyse van 'n skriftelike kennis-gewing deur hom onderteken en gerig aan die hoof van 'n gevangenis, gelas dat 'n persoon wat ingevolge subregulasie (1) gearresteer is en aangehou word, verder in daardie ge-vangenis aangehou word vir die tydperk in

die/

17

die kennisgewing vermeld of vir solank hier-die Regulasies van krag is."

Die Minister na wie daar in reg. 3(3) verwys word, is die Minister van Wet en Orde, en "Mag", soos in reg.3( 1) vermeld, is, volgens reg. 1(iv), die Suid-Afrikaanse Polisie, die Suid-Afrikaanse Spoorwegpolisiemag, die Suid-Afrikaanse Weermag of die Gevangenisdiens.

Die appellante se betoog is, soos hierbo aangedui, dat reg. 3(1) nietig is vanweë die vaagheid daarvan deurdat dit nie duidelik bepaal hoe en deur wie

die tydperk van aanhouding tot 'n maksimum van 14 dae, soos in reg. 3(2) vermeld, bepaal moet word nie. Die betoog is onaanvaarbaar. Selfs indien aanvaar word dat 'n hof die bevoegdheid het om reg. 3(1) weens vaagheid nietig te verklaar ('n aangeleent-

heid/

18
heid wooroor ek aanstons meer sal sê), is dit my mening dat daar geen vaagheid in die bepaling is wat tot sy nietig-heid kan lei nie. Reg, 3(1) magtig 'n lid van 'n Mag om iemand wie se aanhouding na sy oordeel vir die handhawing van die openbare orde, of die veiligheid van die publiek, ens., nodig is, te arresteer of te laat arresteer, en hy kan dan so 'n persoon by wyse van 'n skriftelike bevel wat deur homself, of deur 'n ander lid van 'n Mag onderteken is, in 'n gevangenis laat aanhou. 'n Aanhouding wat op dié wyse bewerkstellig is, duur, volgens reg. 3(2), vir hoog-stens 14 dae, tensy die Minister die tydperk verleng (reg. 3(3)). Volgens reg. 3(6) kan die Minister ook te eniger tyd gelas dat 'n persoon wat ingevolge reg. 3 aange-hou word, vrygelaat word. Hy sou dus ook kon ge-

las/

19

las dat iemand wat ingevolge reg. 3(1) aangehou word, vóór die verstryking van 14 dae vrygelaat moet word. Die antwoord op die appellant se betoog dat reg. 3(1) nie duide-lik toon hoe of deur wie die duur van die
aanhouding bepaal word nie, i.s na my mening dus duidelik: wanneer 'n lid van 'n Mag íemand arresteer of laat arres-teer omdat hy van oordeel is dat die betrokke persoon se aanhouding vir een of meer van die voorgeskrewe doel-eindes nodig is, duur die aanhouding van so 'n persoon vir 14 dae, tensy die Minister die tydperk verkort, of verleng. Ek vind in die regulasie niks wat enigsins die mening regverdig dat, soos o.m. voor ons betoog is, die lid van 'n Mag wat iemand arresteer, of laat arresteer, die taak,

of/

20

of die bevoegdheid, het om te bepaal vir hoe lank, binne die tydperk van 14 dae, so 'n persoon aangehou moet word nie. Die appellante het hulle beroep op die beslissing

in die saak Jaffer and Another v.Minister of Law and Onder and Others 1986(4) SA 1027 (K). Die benadering van die hof (Bennan R) in daardie saak was, as ek dit reg verstaan, dat wanneer 'n lid van 'n Mag iemand arresteer omdat hy van oordeel is dat die persoon se aanhouding vir een van die voorgeskrewe doeleindes nodig is, hy moet besluit of aanhouding vir 14 dae nodig is en dat, indien hy nie daarvan oortuig is nie, hy die persoon alleen vir daardie aantal dae kan laat aan-hou wat hy nodig ag. (Kyk 1034 van die hofverslag.)

Soos/

Soos sal blyk uit wat ek hierbo gesê het, is hierdie be-

nadering na my mening verkeerd, Die tydperk van aanhou-

ding ingevolge reg. 3(1) is 14 dae, maar die Minister

kan dit verkort (reg- 3(6)) of verleng (reg. 3(3)).

Ek het, soos hierbo aangedui, die vraag of

reg, 3(1) weens vaagheid as nietig beskou moet word, be-

spreek in die veronderstelling dat 'n hof hom oor dié

vraag kan uitspreek. Ek het dit gedoen omdat die

respondente in die hof a quo, en ook weer in hierdie hof,

aangevoer het dat 'n hof deur die bepalings van art- 5B

van die Wet belet word om reg. 3(1) weens sy beweerde

vaagheid/.....

21

22

vaagheid nietig te verklaar. Art. 5B, wat deur art . 4 van Wet 67 van 1986 in die Wet ingevoeg is, lui, vir so-ver relevant, soos volg:

"Geen interdik of ander prosesstuk word uit-gereik vir die opskorting of nietigverklaring van ... enige regulasie kragtens artikel 3 uitgevaardig, ... en geen hof is bevoeg om ondersoek in te stel na of uitspraak te doen oor die geldigheid van enige sodanige ... regulasie nie."

Die respondente se betoog is, kort gestel, dat reg. 3(1) binne die bevoegdheid van die Staatspresident, soos in art. 3(1)(a) van die Wet aan hom verleen, val; dat reg. 3(1) dus kragtens art. 3(1)(a) van die Wet uitgevaardig is; dat, selfs indien reg. 3(1) vaag sou wees, soos deur die appellante beweer, daardie vaagheid nie afdoen aan die

feit/

23

feit dat dit kragtens art. 3(1) (a) van die Wet uitge-vaardig is nie en dat die hof dus deur art. 5B van die Wet belet word om hom oor die geldigheid van reg. 3(1) uit te spreek. Kannemeyer R het hierdie betoog in die hof a quo verwerp: kyk 462 D-G van die hofverslag. In die lig van my bevinding dat reg, 3(1) nie, soos deur die appellante beweer, weens vaagheid as nietig beskou kan word nie, is dit nie nodig om in te gaan op die vraag of die hof a quo se bevinding korrek was nie.

Grond van appèl (2):

Die betoog in die geval van hierdie grond van

appèl lui dat die arrestasie van elk van die appellante

ongeldig verklaar moet word omdat die oordeel van die

persoon/.....

24

persoon wat hom gearresteer het nie 'n oordeel was soos be-

doel in reg. 3(1) nie. Dit was nie so 'n oordeel nie, sê die

appellante, omdat die persone wat die arrestasies gedoen het

nie aangetoon het dat hulle voor-die-hand-liggende alterna-

tiewe optredes teen die appellante in plaas van hulle aan-

houding oorweeg het nie. Dieselfde betoog is ook in die

hof a quo gelewer.' Dit is gegrond op 'n passasie in die

uitspraak van Marais R in die saak Dempsey v. Minxster of

Law and Qrder and Others 1986(4) SA 530 (K) op 541 H- 542 C,

waar die geleerde regter die arrestasie van 'n non (suster

Harkin ) deur ene kaptein Oosthuizen behandel het. Die be-

trokke passasie word in die uitspraak van Kannemeyer R

op 471 F-472 C aangehaal. Dit is onnodig om

dit weer volledig weer te gee, en ek haal slegs die

volgende/.....
25.
volgende gedeelte daaruit aan waaruit die benadering van

Marais R m.i. voldoende blyk:

"As he (d.w.s. kapt. Oostuizen) saw it, she had been guilty of unlawful conduct of the kind described by him and had interfered with police action and with the restoration and maintenance of public order. I in-terpolate here that it follows that she had thus rendered herself liable to arrest in terms of the ordinary law of the land and Captain Oosthuizen must be taken to hav.e been aware of that. His affidavit is silent on what seems to me to be a crucial factor in the circumstances of this particular case, namely why a conventional arrest and prose-cution in accordance with the ordinary law oif the land would not have served to put an end to any threat to public order which she may have then represented. I can only conclude that he failed to consider it. If he had considered it and concluded that it would not have sufficed, I would have

expected/

26

expected him to say so and to explain why it would not have sufficed. Before he could conscientiously conclude that her arrest and detention in terms of the emergency regulations was necessary, I think it is manifest that he would have to consider this obvious alternative"

Daar is voor ons betoog dat indien daar 'n alternatief tot aanhouding beskikbaar is, aanhotftiing nie "nodig", soos in reg. 3(1) bedoel, kan wees nie. Die lid van 'n Mag wat dit oorweeg om iemand te arresteer, moet dus, volgens die betoog, alternatiewe optredes oorweeg. Hy moet ook, lui die betoog verder, in 'n verklaring aan die hof sê of hy 'n alternatiewe optrede, of alternatiewe optredes, oorweeg het en, indien hy dit wel gedoen het, moet hy ook aan die hof sê wat dit was en waarom hy be-

sluit/

27

sluit het om aanhouding te gelas eerder as om 'n alternatiewe

optrede te volg. Indien hy nie so 'n verklaring maak nie,

lui die betoog, kan die hof nie bevind dat die oordeel

waartoe hy geraak het 'n oordeel was soos in reg. 3(1)

bedoel nie, en 'n arrestasie wat hy uitgevoer het, sal dus

ongeldig verklaar moet word. Wat die appellante betref,

lui die betoog, is daar nie in die geval van enigeen van

hulle verklaar of alternatiewe optredes oorweeg is nie en

ook nie waarom, indien dit wel oorweeg is, daar nogtans

besluit is om hulle te arresteer en te laat aanhou nie.

Daar was alternatiewe optredes beskikbaar, lui die betoog

verder, en gevolglik is daar nie bewys dat die oordeel van

diegene wat die appellante gearresteer en laat aanhou het

'n/....

28 'n oordeel was soos in reg. 3(1) bedoel nie
Dieselfde betoog is, soos reeds gesê, in die hof a quo gelewer. Besonderhede van die alternatiewe optredes wat, volgens dié betoog, oorweeg moes gewees het, asook die hof se mening daaroor, blyk uit die uitspraak van die hof: i.v.m. Ngqumba en Fuzile, op 476 H-477 E; i.v.m. Mhamhe, op 479 D-480 C; i.v.m. Damons, op 477 G-H, 478 F-479 A; i.v.m. Osteridge, 479 A-D en i.v.m. Jooste, 474 D-476 G. Die hof het die betoog verwerp. In sy bespreking van Jooste se geval het die hof (op 475 G-H) gesê dat die alternatiewe optredes wat volgens die betoog van sy advokate oorweeg moes gewees het, nie "'alternatives' in terms of Dempsey 's case" was nie, en dit wil voor-

kom/

29

kom asof dit die geleerde regter se mening in die geval

van al die appellante was. Die hof a quo het die appellante

se betoog na my mening tereg verwerp, maar ek vind dit nie

nodig om in te gaan op die vraag of die alternatiewe op-

tredes wat volgens die appellante se betoog oorweeg moes

gewees het alternatiewe "in terms of " Dempsey se saak was

nie. My mening is, kort gestel, dat die feit dat diegene

wat die appellante gearresteer het nie verklaar het dat

hulle alternatiewe optredes oorweeg het en , indien hulle

dit wel gedoen het, waarom hulle nieop 'n alternatiewe optrede

besluit het nie, nie die afleiding regverdig dat hulle

mening dat dit nodig was om die arrestasie te doen nie

'n mening was soos in reg. 3(1) bedoel nie. Ek sê hier-

onder/.....

30

onder meer hieroor.

Die beslissing van Marais R in die Dempsey-

saak is op appèl na hierdie hof omvergewerp. Kyk The

Minister of Law and Order and Another v. Angela Dempsey;

uitspraak gelewer op 11 Maart 1988 Hefer AR,

met wie se uitspraak die meerderheid van díe hof saamgestem

het, het bevind, om dit kort te stel, dat die applikant

se saak op twee gronde berus het, nl. (1) dat kapt. Oosthuizen

mala fide opgetree het, en (2) dat hy nie die mening

gehuldig het dat dit nodig was om suster Harkin te

arresteer nie. Die aantyging van mala fides is deur die

appellant se advokaat laat vaar, en daar is geen rede om

te twyfel dat kapt. Oosthuizen wel die mening gehuldig

het/....

31

het dat dit nodig was dat suster Harkin aangehou moet

word nie. Hefer AR het gevolglik bevind dat

die applikant nie haar saak bewys het nie en het hom nie

oor die meriete al dan nie van Marais R se benadering

t.o.v. die optrede van kapt. Oosthuizen (soos dít blyk

uit die hierbo gemelde passasie in 1986(4) SA op 541 H-

542 G) uitgespreek nie.

Wat die gemelde passasie betref, blyk dit

m.i. dat Marais R se redenering op die geval voor hom

toegespits was. Hy het naamlik gesê : "His (d.w.s.

Oosthuizen se) affidavit is silent to what seems to me to

be a crucial factor in the circumstances of this particular

case ". Maar hoe dit ook al sy, die appellante gee

daar/....

33

te bereik. Die toets is subjektxef, en die feit dat die

hof 'n ander mening oor die noodsaaklikheid van iemand se

aanhouding as die arresteerder huldig, beteken nie sonder

meer dat die oordeel van die persoon wat besluit het dat

aanhouding nodig was nie 'n oordeel is soos in reg. 3(1)

bedoel nie. Die lid van 'n Mág wat moet oorweeg of dit

nodig is om iemand te arresteer en te laat aanhou, sal in

dié proses waarskynlik gewoonweg ook, so goed hy dit in die

heersende omstandighede kan doen, oorweeg of 'n minder

drastiese optrede nie voldoende sal wees nie, maar dit

bring nie mee dat hy, telkens wanneer sy besluit aan-

geval word, verplig is om aan die hof te sê welke alterna-

tiewe optredes hy oorweeg het, ens., indien hy sy be-

sluit/.....

34

sluit staande wil hou nie. Dit is natuurlik denkbaar dat 'n besluit dat iemand aangehou moet word in die lig van die bekende feite van 'n saak as so drasties en onnodig kan voorkom dat dit, in die afwesigheid van 'n bevredigende verduideliking, die afleiding kan regverdig dat die persoon wat die arrestasie gedoen het nie be-hoorlik aandag aan die aangeleentheid gegee het nie. Maar dit beteken nie'dat die persoon wat 'n aanhouding nodig geag het altyd verplig sal wees om te sê dat hy alternatiewe optredes oorweeg het, wat daardie alternatiewe was en waarom hy nie een van hulle gekies het nie. Neem bv. die geval van Osteridge (die derde applikant in die tweede aansoek voor die hof a quo). Die

inligting/

35

inligting wat die polisie met betrekking tot hom gehad

het, was dat hy 'n kampanje vir burgerlike ongehoorsaamheid

gevoer het en dat hy gedreig het om mense wat aan die

polisie inligting gee, te "necklace", d.w.s, te vermoor

deur hulle te laat doodbrand. Daar is in verband met hom

betoog dat - soos dit in die appellante se betoogpunte ge-

stel is - "the obvious alternative of arresting him under

the ordinary law of the land does not appear to have been

considered" en dat daar weens majoor Nel se versuim om

in 'n beëdigde verklaring te sê of hy alternatiewe optredes

oorweeg het, ens. , bevind moet word dat hy nie 'n

mening gehuldig het soos deur reg. 3(1) vereis word nie

Kannemeyer R het in sy uitspraak in die hof a quo (op

479/.....

36

479 C) hieroor gesê: "A threat to'necklace' people was

surely, in itself, sufficient to found an opinion that

arrest and detention were necessary". Ek stem hiermee

saam. Die betoog is onrealisties en dit toon hoe on-

aanneemlik die gedagte is dat wanneer 'n lid van 'n Mag

nie verklaar of hy alternatiewe optredes porweeg het nie,

ens., dit noodwendig meebring dat nie gesê kan word dat hy

'n mening gehuldig het soos in reg, 3(1) vereis word nie.

In die saak The Bishop of the Roman Catholic

Church of the Diocese of Port Elizabeth and Another v.

The Minister of Law and Order and Others, waarna daar deur

Kannemeyer R in sy uitspraak in die hofa quo verwys word,

het Kroon R, met verwysing na Dempsey se saak supra, o.m.

gesê/.....

37

gese:

"In my view it cannot be said that an arrest and detention is necessary for the purposes set out in regulation 3(1) unless there is no other viable alternative and accordingly there can be no opinion that such arrest and detention is necessary unless alternatives to such action are considered and opined to be not feasible or practicable."

(Hierdie aanhaling is deel van die passasie in die uitspraak van Kroon R wat op 472 C-F van die uitspraak van Kannemeyer R aangehaal word.) Die stelling van Kroon R dat "... it cannot be said that an arrest and detention is necessary for the purposes set out in regulation 3(1) unless there is no other viable alternative" is onaanneem-lik. 'n Lid van 'n Mag het die bevoegdheid om iemand te arresteer as hy van oordeel is dat die aanhouding van

daardie/

38

daardie persoon nodig is ter bereiking van een of meer van

die doeleindes wat in reg. 3(1) genoem word. Hy is die

persoon wat moet beslis oor die vraag of aanhouding nodig

is, en al sou daar volgens die mening van ander 'n "viable

alternative" wees, sou dit nie vanself sy mening dat aan-

houding nodig is ongeldig maak nie. Die vraag is dus nie

of 'n arrestasie en aanhouding "is necessary" nie, maar of

die persoon wat die arrestasie doen van mening is dat dit

nodig is. Die toets is, soos reeds gesê, subjektief.

Die vraag is dus nie, soos daar op een plek in die uit-

spraak van Kroon R gesuggereer word, of die feitebewerings

van kapt. Van Wyk (wat die gewraakte arrestasie laat uit-

voer het) sy rnening geregverdig ("justified") het nie,

maar/....

maar wel of hy eerlik die betrokke mening gehuldig het. Kroon R het blykbaar self gevoel dat sy stelling met be-trekking tot alternatiewe optredes dalk beperk moet word, want hy het voortgegaan om te sê:

"It may be that some limitation should be placed on what would properly constitúte an alternative course to adopt and I wish to guard myself from stating that every alterna-tive which counsel' s ingenuity may, after the event, suggest, was one which ought to have been considered before recourse was had to the powers conferred by regulation 3(1). It is not necessary, however, that I venture any view as to what the nature of such limita-tion should be."

Kannemeyer R het in sy uitspraak in die hof a quo na hierdie woorde van Kroon R verwys en gesê (op 472 F-G):

"I/....
39

"I would suggest that one possible limitation is this. The purpose of the Public Safety Act is to meet situations in which the ordinary law of the land is inadequate to enable the Government to ensure the safety of the public or to maintain public order. If the situation with which the arresting member is faced is one which can properly be dealt with under the ordinary law of the land, then a recourse to detention will not be necessary."

Die geleerde regter se voorstel is onaanvaarbaar. Dit hou in dat die besluit wat deur reg. 3,(1) aan die sub-jektiewe oordeel van 'n lid van 'n Mag oorgelaat word, aan 'n objektiewe toets onderwerp moet word, t.w. of die situasie wat 'n lid van 'n Mag wil bekarnp deur iemand te laat aanhou "can properly be dealt with by the ordinary law of the land". Wat hierdie punt betref, moet ook in

gedagte/.....
40

41

gedagte gehou word dat die persone wat deur reg. 3(1)

gemagtig word om 'n arrestasie te doen, nie regsgeleerdes

is van wie verwag kan word om altyd te weet of die situasie

wat hulle wil bekamp "can properly be dealt with under

the ordinary law of the land" nie. Verder, wat die

aangehaalde passasie in die uitspraak van Kannemeyer R betref,

die feit dat die Wet die Staatspresident magtig om vir

sekere doeleindes regulasies uit te vaardig indien die

gewone landswette onvoldoende is om die Regerxng in staat

te stel om die veiligheid van die publiek te verseker of

die openbare orde te handhaaf, hou nie in dat 'n noodmaat-

reël nie toegepas kan word in gevalle waar die gewone

landswette/....

42

landswette ook toepassing sou kon vind nie. Grond van appël (3):
Die derde grond van appèl is dat die Minister (die derde respondent in al drie die sake) nie 'n beëdigde verklaring voor die hof gelê het waarin hy ver-klaar waarom, of op welke gronde, hy die verdere aanhouding van die appellante ingevolge reg. 3(3) beveel het nie. Die betoog is dat, in die afwesigheid van so 'n verklaring, dit nie blyk dat die Minister van oordeel was dat die bevele nodig was ter bereiking van een of meer van die doeleindes wat in reg. 3(1) en art . 3(1) (a) van die Wet genoem word nie (kyk State President and Others v. Tsenoli; KerchhofT and Another v . Minister of Law and Order and

Others/

43

Others 1986(4) SA 1150 (A) op 1183 H-J, 1184 D-F), en ook

nie dat hy behoorlike aandag, of enige aandag hoegenaamd,

aan die hele kwessie van die aanhouding van die appellante

gegee het nie. Aangeleenthede waaraan die Minister sy

aandag moes gegee het, lui die betoog, was (i) ander,

minder drastiese, optrede teen die appellante as hulle

aanhouding ingevolge reg. 3(3), en (ii) die tydperk

van verdere aanhouding wat na sy oordeel nodig was ter

bereiking van die doeleindes wat in art. 3(1)(a) van die

Wet vermeld word. Die gevolg van die Minister se stil-

swye oor al die bogemelde aangeleenthede, sê die appellante

is dat die aanhoudingsbevele ongeldig is.

Die/.....

44

Die hof a quo was van oordeel, soos in

Kannemeyer R se uitspraak oor die aansoek om verlof

om te appelleer gesê word, dat die inligting wat deur Nel

aan die Minister voorgelê is voldoende was om die Minister

te laat besluit om die aanhoudingsbevele uit te reik en,

verder, dat die hof, in die lig van die feite van die saak,

kon aanneem ("assume") dat die Minister die inligting wat

aan hom voorgelê is, oorweeg het en op grond daarvan tot

die gevolgtrekking gekom het dat dit nodig was dat die

appellante verder aangehou moes word. Die appellante se

betoog is dat die hof fouteer het aangesien daar niks

voor hom was wat aangetoon het wat die Minister werklik

gedink het, of dat hy enige alternatiewe optredes i.p.v,

die/....

45

die aanhouding van die appellante oorweeg het, of dat hy

sy aandag aan die tydperk van hulle aanhouding gegee het

nie. Soos ek hieronder aandui, is ek nie daarvan oortuig

dat die hof a quo fouteer het nie.

Die inligting in verband met die appellante

wat in die respondente se stukke vermeld word, is deur

Nel aan die Minister voorgelê. Die Minister het nood-

wendig geweet dat dié inligting met die oog op die moontlike

verdere aanhouding van die appellante ingevolge reg. 3(3)

aan hom voorgelê is. Die inligting was vergesel van 'n

aanbeveling deur Nel. Nel het in die geval van al drie

die aansoeke 'n beëdigde verklaring gemaak. In die geval

van die eerste twee aansoeke sê Nel dat hy deur die

Minister/....

46

Minister (en ook deur die eerste twee respondente) gemagtig ("authorised") is om die beëdxgde verklaring te maak. In die geval van die derde aansoek sê hy dat hy sy ver-klaring "on behalf of" en met die magtiging van die Minister en die eerste twee respondente maak. (Hierdie bewerings word nie betwis nie.) Hieruit kan myns insiens
afgelei word dat die Minister bedoel het dat die inligting

wat deur Nel aan. hom voorgelê is aan die hof voorgelê

sou word as die inligting wat hy oorweeg het en op grond waarvan hy besluit het dat dit nodig was dat die appellante verder aangehou moet word. Die hof a quo was van mening, soos reeds hierbo gesê , dat die inligting wat Nel voor die

Minister/....

47

Minister gelê het voldoende was om hom te laat besluit dat

dit nodig was om die appellante verder aan te hou. Hierdie

mening is myns insiens geregverdig. Die aard van die in-

ligting met betrekking tot die verskillende appellante word

kortliks in die uitspraak van die hof a quo genoem en dit

is nie nodig om die tersaaklike feite vollediger weer te

gee nie

Met betrekking tot die gemelde betoog

dat die hof a quo nie geregtig was om te aanvaar ("assume")

dat die Minister die feite wat voor hom gelê is, oorweeg

het en op grond daarvan die mening gehuldig het dat dit

nodig was dat die appellante verder aangehou moes word

nie, wil ek kortliks ook verwys na die saak Seedat v. Rex

1942/......

48

1942 NPD 189, waar dit ook gegaan het oor die bewys van die mening ("opinion") van iemand wat nie self getuienis voor die hof afgelê het nie. Dië appellant in daardie saak is daaraan skuldig bevind dat hy die bepalings van 'n "certificate of exemption from internment" oortree het. So 'n sertifikaat kon ingevo.lge sekere rtoodregulasies deur die Minister van Justisie of die "chief control officer" (wat in Pretoria gesetel was) uitgereik word ten opsigte van 'n persoon wie se gedrag na die oordeel ("opinion") van die Minister of die "chief control officer" sodanig was "as to make it desirable in the interest of the State or in that person's own interest to control

his/.....

49

his activities". 'n Sertifikaat ten opsigte van die appellant is deur die "control officer" in Durban (wat nie die "chief control officer" was nie) uitgereik, en daar is betoog dat die Staat moes bewys het dat die "chief control officer", wie se mening in die betrokke geval ter sake was, die vereiste mening aangaande die appellant gehuldig het; dat die Staat derhalwe verplig was om hom as getuie op te roep, en dat die Staat se versuim om dit te doen meegebring het dat die saak teen die appellant nie bewys is nie. Hathorn RP het die betoog soos volg be-handel (op 195) :

"The question, then,is merely one of the sufficiency of proof. The evidence of the control officer was that he received

instructions/.....

50

instructions from the chief control officer and acted upon them. The chief control officer had no authority to give the instruc-tions unless he held the opinion contemplated

by the regulation. As I am totally unable to believe that the chief control officer would have given the instructions unless he held the opinion contemplated by the regulation, I infer from the fact that he gave them that he held the opinion, or, to put the matter in another way, the probability that he held the opinion is, in the circum-stances, so great that I have no reasonable doubt, that it is a fact that he held the opinion. I can see no reason why, if the opinion of A has to be proved, A must necessarily give evidence. The opinion would be proved if B gave evidence of acts by A, from which the Court was able to infer that A held the opinion."

In die lig van wat ek hierbo gesê het, is
ek van mening dat die hof a quo geregtig was om sy boge-melde afleiding aangaande die Minister te maak.

Soos/.....

51

Soos ek hierbo gesê het, is daar namens die

appellante betoog dat die Minister ander, minder drastiese,

optredes teen die appellante as hulle aanhouding moes oor-

weeg het. Die betoog lui dat hy aan die hof moes gesê het

of hy sulke optredes oorweeg het en, indien hy dit wel

gedoen het, wat daardie optredes was en waarom hy besluit

het om die appellante te laat aanhou eerder as om een

van daardie optredes te volg. Dieselfde betoog is ook

in die hof a quo gelewer en die hof het in dié verband op

471 A-472 F uitvoerig na die uitspraak van Marais R in

Dempsey v. Minister of Law and Order and Others, supra,

verwys . Ek het die aangeleentheid van alternatiewe op-

tredes by grond van appèl (2) hierbo bespreek en, wat die

Minister/.....

52

Minister betref, vind ek dit voldoende om te sê dat ek

nie saamstem met die siening dat die Minister verplig is

om,telkens wanneer hy 'n aanhoudingsbevel uitgereik het, aan

die hof te verklaar dat hy alternatiewe optredes oorweeg

het, wat daardie alternatiewe optredes was en waarom hy

nie een van hulle gekies het eerder as om te beveel dat die

betrokke persoon langer aangehou moet word nie. Die kern-

vraag by optrede ingevolge reg. 3(3) is of die Minister

van oordeel is dat dit nodig is dat 'n persoon wat na 'n

arrestasie ingevolge reg. 3(1) in aanhouding verkeer, ter

bereiking van een of meer van die doeleindes wat in r.eg.

3(1) en art. 3 (1) (a) van die Wet vermeld word, verder aan-

gehou moet word. AS hy so 'n mening huldig, kan hy ingevolge

reg. 3(3) optree. Dit wil natuurlik nie sê dat sy be-

slissing/.....

53

slissing onaanvegbaar is nie. Dit is bv. denkbaar

(soos ek hierbo ook i.v.m. optrede ingevolge reg. 3(1)

gesê het) dat 'n aanhoudingsbevel in die lig van die f eite

van 'n saak as so kras of ongeregverdig kan voorkom dat

dit, in die afwesigheid van 'n bevredigende verduideliking,

die afleiding kan regverdig dat die Mxnister nie behoorlik

aandag aan die saak gegee het nie. Dit beteken egter nie

dat die Minister altyd moet aandui dat hy alternatiewe

optredes oorweeg het en daarteen besluit het voordat hy

besluit het om 'n aanhoudingsbevel uit te reik nie. In die

a quo is daar, volgens die uitspraak geoordeel, in die geval van sommige van die appellante (t. w. Ngqumba

en/

54

en Fuzile, op 477 C-E, en Jooste, op 475 I-H) betoog dat

sekere alternatiewe stappe teen hulle gedoen kon gewees

het. Die hof het die betoog verwerp, en die voorgestelde

alternatiewe laat my geensins daarvan oortuig dat gesê

kan word dat die Minister nie behoorlik aandag aan die

betrokke gevalle gegee het en dat sy bevele dus as ongeldig

beskou moet word nie. Die betoog i.v.m. Ngqumba en Fuzile

is in hierdie hof herhaal . Daar is ook betoog dat Mhamhe

(die tweede applikant in die eerste aansoek), in verband

met wie daar inligting was dat hy die oogmerke van die ANC

op vergaderings gepropageer het, onder die gewone wette

van die land gearresteer kon gewees het en dat dit nie

nodig was om hom te laat aanhou nie. In die geval van

Damons/....

55

Damons is aangevoer dat dit nie blyk dat daar enige rede

vir sy aanhouding was nie.Ek stem nie saam met die betoog

dat afgelei moet word dat die Minister nie sy aandag aan

die noodsaaklikheid vir die aanhouding van hierdie persone

gegee het nie . Nog skraler om die lyf is die betoog dat

die Minister moes aangetoon het waarom hy nie tot 'n ander

optrede as. aanhouding in die geval van Osteridge besluit

het nie. Ek het reeds hierbo aangedui wat dxe inligting

in verband met hom was.

Ek let vervolgens op die appellante se

betoog aangaande die tydperk van aanhouding wat in die

geval van die appellante bepaal is. Die betoog is dat die

respondente/....

56

respondente nie getoon het dat die Minister sy aandag aan

hierdie aangeleentheid gegee het nie. Die Minister, sê

die appellante, moes in 'n beëdigde verklaring getoon het

dat hy die aangeleentheid behoorlik oorweeg het, en daar

is aangevoer dat veral die geval van Damons die afleiding

regver-dig dat die Minister nie die vraag van die duur

van die aanhouding van die appellante behoorlik oorweeg

het nie. Wat Damons betref, lui die betoog dat daar geen

goeie rede was waarom hy vir selfs die aanvanklike periode

van 14 dae aangehou is nie. Ek vind die geheel van die

betoog onaanvaarbaar. Dit blyk uit die Minister se aan-

houdingsbevele dat hy besluit het dat elke appellant aan-

gehou/....

57

gehou moes word vir so lank as wat die regulasies van krag

bly. Hy het m.a.w. besluit om nie 'n korter periode te

bepaal nie, en ek vind dit moeilik om die betoog te be-

gryp dat afgelei moet word dat hy nie sy aandag aan die

kwessie van die tydperk.van die aanhouding van die appellante

gegee het nie. Daar moet ook in gedagte gehou word dat

die Minister ingevolge reg. 3(6) te eniger tyd 'n aange-

houdene kan vrylaat, en daar kan aanvaar word dat hy sou

geweet het dat hy oor hierdie bevoegdheid beskik. Wat

Damons betref, verloor die appellante se betoog uit die oog

dat die inligting in verband met hom nie net was dat hy 'n

optrede beoog het wat burgerlike ongehoorsaamheid op, of

tot op, 16 Junie 1986 sou bevorder nie, maar ook "for

the/....

the period thereafter". (Kyk op 477 H van die hofver-slag.)
Wat hierdie kwessie van die oorweging van die tydperk van aanhouding betref, het die appellante o.m. gesteun op die uitspraak van Selikowitz Wnd R in die saak Hester Swart v. Minister of Law and Order and Others, wat op 3 April 1987 in die Kaapse Hooggeregshof gelewer is. In daardie saak is die seun van die applikant op 17 Junie 1986 ingevolge reg. 3(1) gearresteer. Die Minister van Wet en Orde het in 'n beëdigde verklaring wat voor die hof gelê is, gesê dat hy op 25 Junie 1986 'n skriftelike lasgewing onderteken het waarin hy gelas het

dat/....
58

dat die aangehoudene "verder aangehou word vir solank die

noodregulasies van krag is." Hy het bygevoeg: "A1-

vorens ek die gemelde lasgewing onderteken het, is sekere

feite en omstandighede met betrekking tot die optrede

van die aangehoudene gedurende die tydperk wat sy

arrestasie voorafgegaan het aan my voorgelê, op grond

waarvan ek tot die gevolgtrekking gekom het dat dit nodig

was vir die handhawing van openbare orde, die veiligheid

van die publiek en die beëindiging van die Noodtoestand

dat die aangehoudene verder aangehou word." Selikowitz

Wnd R het die volgende i.v.m. hierdie verklaring van die

Minister gesê:

"The/.....
59

60

"The lst respondent,does not say that he held an opinion as to the duration of any further detention. An opinion that it was necessary that the 'aangehoudende verder aan-gehou word' does not, in my view, address the question of duration. Further detention simpliciter is vague and is not empowered by regulation 3. I consider that it was incumbent upon lst respondent, even on the ipse dixit approach, to state that he had an opinion which included the question of the duration of the further detention of the applicant. If the lst respondent had, on 25 June 1986, found himself in the position where he was unable to form an opinion as toa definite duration he should have set this out in his affidavit."

Die hof het vervolgens bevind dat die respondente nie bewys het dat daar "lawful cause" vir die Minister se bevel was nie en dat dit gevolglik ongeldig was. Die geleerde regter se siening van die aangeleentheid toon 'n

wanbegrip/

wanbegrip van wat die Minister gesê het en is onjuis.

Wat die eerste sin van die aangehaalde passasie in die

uitspraak betref: Die feit dat die Minister in die aan-

houdingsbevel bepaal het dat die aangehoudene aangehou

moet word "vir solank die noodregulasies van krag is",

hou cluidelik in dat die Minister van oordeel was dat die

aanhouding moes voortduur vir solank as wat die regulasies

van krag bly, d.w.s.nie vir 'n korter tydperk nie. Wat

die tweede sin van die passasie betref: Die Minister sê

wel dat dit na sy mening nodig was dat die aangehoudene

verder aangehou moes word, maar dit moet gekoppel word

met die feit dat hy gelas het dat die aangehoudene aange-

hou moes word vir solank as wat die noodregulasie van

krag/.....
61

62

krag bly. Wanneer dit gedoen word, blyk immers welke

mening hy gehuldig het oor die tydperk wat die aanhouding

moes duur. Wat die derde sin betref: Reg. 3(3) bepaal

dat die Minister kan beveel dat 'n persoon wat ingevolge

reg. 3(1) aangehou word, "verder ...aangehou" kan word, en

die Minister het in sy beedigde verklaring gesê dat dit

na sy oordeel nodig was dat die aangehoudene "verder

aangehou" word. Hy het nie bloot beveel dat die aangehou-

dene "verder aangehou" moet word nie, maar wel dat hy aange-

hou moet word vir solank as wat die noodregulasies van krag

bly. Hy het dus niks in oorweging geneem, en niks gedoen,

wat nie deur reg. 3 gemagtig word nie. Wat die vierde

sin van die aangehaalde passasie betref, sou ek meen dat dit

realisties/...

63

realisties is om te sê dat die feit dat die Minister bepaal

het vir hoe lank die aangehoudene aangehou moes word die

afleiding regverdig dat hy 'n mening oor die tydperk van

aanhouding gehuldig het. Wat die laaste sin van die

aangehaalde passasie betref: Ek begryp nie waarom gesê

word dat indien die Minister hom op 25 Junie 1986 in die

posisie bevind het "where he was unable to form an opinion

as to a definite duration" hy dit in sy beëdigde verklaring

moes gesê het nie. 25 Junie 1986 was die dag waarop hy

gelas het dat die aangehoudene aangehou moes word vir solank

as wat die regulasies van krag bly. Dit toon dat hy

van oordeel was dat die aangehoudene vir solank as wat

moontlik was, aangehou moes word, en nie dat hy nie in

staat/.....

63 (a)

staat was om tot 'n mening oor die tydperk van aanhouding

te geraak nie.
Gronde van appèl (4) en (5):
Die appellante aanvaar dat die kwessie van onus, soos in appèlgrond (4) genoem, alleen by die vraag van die geldigheid van hulle arrestasie en aanhouding ter sprake kom, en gronde (4) en (5) word dus saam bespreek. Die appellante se betoog kan soos volg saamgevat word:

(a) Daar was 'n onus op die respondente om te bewys dat
die arrestasie en aanhouding van die appellante inge-

volge reg. 3(1) geldig was; as dit nie geldig was nie, sou die Minister nie hulle verdere aanhouding inge-volge reg. 3(3) kon gelas het nie.

(b) Daar was feitegeskille tussen die partye in verband
met die arrestasie van die appellante, en omdat die
onus op die respondente gerus het, moes die hof a quo,
anders as wat hy gedoen het, die bewerings wat in die
appellante se beëdigde verklarings oor hulle arrestasie
gemaak word, aanvaar het.

(c) /
(c)'n Geldige arrestasie ingevolge reg. 3(1) vereis dat elke appellant ten tyde van sy arrestasie, of so gou doenlik daarna, maar in ieder geval vóór die ondertekening van sy aanhoudingsbevel, van die rede, of redes,vir sy arrestasie ver-wittig moes gewees het; dat die hof a quo fouteer het deur te bevind dat daar 'n voldoende en, tydige mededeling van die rede(s) vir hulle arrestasie aan die appellante gedoen is, en dat hy moes bevind het dat hulle arrestasie en aan-houding ingevolge reg. 3(1) ongeldig was.

Wat die kwessie van onus betref, kan vir die doeleindes van die appèl aanvaar word dat die onus op die respondente gerus het om te bewys dat die arrestasie en aanhouding van die appellante geldig was. Die vraag is egter of, soos die appellante betoog, die hof a quo die bewerings wat in hulle beëdigde verklarings aangaande hulle arrestasie gemaak word, moes aanvaar het waar dit

strydig/
64

65
strydig was met die bewerings van die persone deur wie hulle gearresteer is. Daar is al meermale gesê dat wanneer 'n applikant 'n hof by wyse van kennisgewing van mosie nader, hy 'n finale bevel kan verkry indien die feite wat in sy beëdigde verklarings voorkom en wat deur die respondent erken word, tesame met die bewerings wat deur die respondent gemaak word, so 'n bevel regverdig. In Plascon-Evans Paints Ltd v. Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd 1984(3) SA 623 (A) het hierdie hof (per Corbett AR) op 634 H-635 C die volgende i.v.m. hierdie benadering (waarna ek hierna as die algemene reël sal verwys) gesê:

"It is correct that, where in proceedings on notice of motion disputes of fact have arisen on the affidavits, a final order, whether it be an interdict or some other form of relief, may be granted if those facts averred in the applicant's affidavits which have been admitted by the respondent,

together/

66

together with the facts alleged by the respondent, justify such an order. The power of the Court to give such final relief on the papers before it is, however, not confined to such a situation. In certain instances the denial by respondent of a fact alleged by the applicant may not be such as to raise a real , genuine or bona fide
dispute of fact If in such a case
the respondent has not availed himself of fais right to apply for the deponents concerned to be called for cross-examination under Rule 6(5)(g)
of the Uniform Rules of Court and the Court
is satisfied as to the inherent credibility of the applicant' s factual averment, it may proceed on the basis of the correctness thereof and include this fact among those upon which it determines whether the applicant is entitled to the final
relief which he seeks Moreover, there
may be exceptions to this general rule, as, for
example, where the allegations or denials of the
respondent are so far-fetched or clearly untenable
that the Court is justified in rejecting them
merely on the papers " .

Die/....

67

Die appellante betoog egter dat hierdie reël alleen geld waar die onus op die applikant rus en dat dit nie van toe-passing is in 'n geval soos die onderhawige waar die onus op die respondent is nie. Die betoog is gegrond op 'n passasie in United Technical Equipment Co (Pty) Ltd v. Johannesburg City Council 1987(4) SA 343 (T) waar Harms R (met wie se uitspraak Preiss R en Myburgh Wnd R saamgestem het) na die bogemelde passasie in die Plascon-Evans-saak verwys het en gesê het (op 348 B-D):

"Appellant" s counsel submitted that, since there are factual disputes with regard to the probable success of the application to the Administrator, the Judge a quo ought to have accepted the evidence of the appellant in accordance with the principles stated in Plascon-Evans Paints Ltd v. Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd 1948(3) SA 623 (A) at 634-635. What was lost sight of is the fact that the rules as formulated in that case did not deal with the situation where the onus in respect of an issue

is/

68

is on the respondent in application proceedings-In such a case the rules work in reverse. The matter is considered on the basis that the applicant' s allegations are true subject to the exceptions mentioned in the Plascon-Evans judgment. Cf. Cresto Machines (Edms) Bpk v. Afdeling Speur-offisier, SA Polisie, Noord-Transvaal 1972(1) SA 376 (A)".

Die onderhawige saak, sê die appellante, is 'n geval waar "the rules work in reverse", en nie soos dit in die Plascon-Evans-saak gestel word nie.
Dit klink waarskynlik logies om te sê dat indien die onus om 'n feit te bewys op die respondent rus, hy hom nie van daardie onus kwyt as die applikant sy bewerings aangaande die betrokke feit ontken en die hof nie die applikant se bewerings sonder meer kan verwerp nie, maar die vraag is of hierdie siening van wat as logies voorkom die gevolg meebring wat Harms R in die United Technical

Equipment/

69

Eguipment-saak, supra, genoem het. Dit blyk nie duidelik uit die uitspraak van Kannemeyer R of die appellante se betoog in hierdie hof ook in die hof a quo geopper is nie. Op 468 B-C van die hofverslag sê die geleerde regter die volgende i .v.m. die kwessie van die arrestasie en aan-houding van die appellante:

"These questions involve not only legal issues but also factual ones. Thus, where there is a factual conflict between the affidavits filed in support of the applications and those of the respondents, the latter must be accepted for the determination of these questions."

Op 468 I-J word gesê:

"The applicants claim that on the respondent's version their arrests were unlawful and accordingly that their subsequent detention is invalid."

fetwat later in die uitspraak (op 475 B-C)sê die geleerde

regter/

70

regter die volgende met betrekking tot die applikant.

Jooste:

"In his replying affidavit,. Jooste controverts much of what is said by Nel. However his counsel accepted the position flowing from a conflict of fact in motion proceedings and did not suggest that the matter should be referred for oral evidence."

Hierdie passasies - en veral die derde - wek die indruk
dat die appellante in die hof a quo aanvaar het dat die
algemene reël by die behandeling van feitegeskille, soos
in die Plascon-Evans-saak, supra, gestel, op die onderhawige
geval van toepassing was. Maar hoe dit ook al sy, dit
blyk dat die appellante in hulle aansoek om verlof om te
appelleer dieselfde betoog gelewer het as wat hulle in
hierdie hof gedoen het. Kannemeyer R het die betoog

onaanvaarbaar bevind en gesê:

"The/

71

"The approach laid down in Plascon-Evans Paints Ltd v. Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd 1984(3) SA 623 (AD) is not concerned with the question of onus. It determines the evidence upon which an application on notice of motion must be decided when there is a conflict of fact on the affidavits,"

Ek stem met hierdie mening saam. Die algemene reël,

soos in die Plascon-Evans-saak vermeld, het te doen met

die wyse waarop 'n hof 'n saak benader waar 'n applikant 'n

finale bevel in mosie-verrigtinge aanvra en daar 'n ge-

skil uit die stukke blyk. Dit vloei nie daaruit voort dat

'n applikant wat 'n hof by wyse van 'n kennisgewing van mosie

nader die onus dra en derhalwe genoodsaak is om in die geval

van 'n feitegeskil die bewerings van die respondent te

aanvaar as hy sy aangevraagde bevel wil verkry nie. Die

grondslag van die algemene reël skyn te wees dat 'n party

wat/.....

72
wat besluit om mosieverrigtinge aanhangig te maak nor-
maalweg weet dat daar 'n gevaar bestaan dat sy feitebe-
werings betwis kan word en dat hy dan gedwing kan word

om die respondent se bewerings te aanvaar indien hy 'n

finale bevel op die stukke wil verkry. (Dit is nie nodig
om hier in te gaan op die hof se bevoegdheid om kragtens

reël 6(5)(g) van die Eenvormige Hofreels te beveel dat
mondelinge getuienis aangehoor moet word nie.) In Tamarillo

(Pty) Ltd v. B N Aitken (Pty) Ltd 1982(1) SA 398(A) het
hierdie hof (per Miller AR) gesê (op 430 G-431 A) :

"A litigant is entitled to seek relief by way of notice of motion. If he has reason to believe that facts essential to the success of the claim will probably be disputed he chooses that procedural form at his peril, for the Court in the excercise

of...../

73

of its discretion might decide neither to refer the matter for trial nor to direct that oral evidence be placed before it, but to dismiss the application. (Room Hire Co (Pty) Ltd v. Jeppe Street Mansions (Pty) Ltd 1949(3) SA 1155 (T) at 1168.) But if, notwithstanding that there are facts in dispute on the papers before it, the Court is satisfied that on the facts stated by the respondent, together with the admitted facts in the applicant's affidavits, the applicant is entitled to relief (whether in respect of all his claims or one or more of them ) it will make an order giving effect to such finding, with an appropriate order as to costs. (Cf Stellenbosch Farmers' WineryLtd v. Stellenvale Winery (Pty) Ltd 1957(4) SA 234 C at 235; Burnkloof Caterers (Pty) Ltd v. Horseshoe Caterers (Green Point) (Pty) Ltd 1976(2) SA 930 (A) at 938.)"

Miller AR het nie na die kwessie van onus verwys nie,
maar dit blyk m.i. dat hy na die algemene reël, soos in die

Plascon-Evans-saak, supra, vermeld, verwys het as 'n reël

wat/

74
wat normaalweg toegepas word wanneer iemand by wyse van
mosieverrigtinge 'n bevel wil verkry en daar dan feitege-

skille ontstaan. In Associatedpouth African Bakeries (Pty)
Ltd v. Oryx & Vereinigte Bäckereien (Pty) Ltd en Andere 1982

(3) SA 893 (A), waar dit om die afdwing van 'n voorkoops-

reg gegaan het, het Botha Wnd AR in 'n minderheidsuitspraak

(waarmee Hoexter AR saamgestem het) beslis dat die benade-

ring wat ek hierbo die algemene reël genoem het ook geld

waar die onus op die respondent rus. (Die aangeleentheid

is nie in die meerderheidsuitspraak behandel nie.) Die

geleerde regter het o.m. gesê (op 923 G-924 B):

"As algemene uitgangspunt kan 'n applikant in mosieverrigtinge op finale regshulp van die soort

wat/

75

wat hier ter sprake is op die stukke en sonder die aanhoor van mondelinge getuienis aanspraak maak slegs as dit blyk dat hy op sodanige regs-hulp geregtig is op grondslag van die bewerings wat gemaak word deur die respondent en sodanige van die applikant se bewerings as wat deur die respondent erken word (vgl Stellenbosch Farmers' Winery Ltd v. Stellenvale Winery (Pty) Ltd 1957 (4) SA 234 (K) te 235 E-G; Burnkloof Caterers (Pty) Ltd v. Horseshoe Caterers (Green Point) (Pty) Ltd 1976(2) SA 930 (A) te 938 A-C; Tamarillo (Pty) Ltd v. B N Aitken (Pty) Ltd 1982(1) SA 398 (A) te 430 G-431 A). Ek sal na hierdie posisie verwys as die algemene reël wat geld by mosieverrigtinge. Op die algemene reël is daar wei, uitsonderings, soos bv waar die bewerings of ontkennings van die respondent so vergesog of klaarblyklik onhoudbaar is dat die verwerping daarvan bloot op die stukke geregverdig is. Vir my doeleindes is dit nie nodig om verder hierop uit te brei nie. Van belang is dat die algemene reël na my mening klaarblyklik ook van toepassing is op verwere wat die respondent teen die applikant se eise opper in sy beantwoordende verklaring. As die respondent se bewerings 'n verweer openbaar, dan

kan/....

76

kan die applikant op die stukke nie slaag nie, al sou hy sodanige bewerings in sy repliserende verklaring ontken, en al sou die bewyslas ten opsigte van die verweer volgens die gewone toe-paslike reëls by die respondent berus."

Die geleerde regter se mening dat die algemene reël geldself:

waar die onus om die feit in geskil te bewys op die respon-
dent rus, is na my mening korrek. Ek verwys na enkele
sake waarin daar m.i. steun vir die standpunt te vind is.
In Adbro Investment Co Ltd v. Minister of the Interior

1956(3) SA 345 (A), waar 'n verklaring van regte aangevra

is, het Centlivres HR op 349 E - G gesê:

"Mr Fischer on behalf of the appellant contended that the onus of proving that the appellant was an Asiatic company rested on the Minister inasmuch as his notice under sec. 20 of Act 41 of 1950 was a serious invasion of his rights based on an allegation that the properties were acquired in contravention of a law.

Assuming/........

77

Assuming that the onus does rest on the Minister, it does not follow that, if the Minister does not discharge the onus in motion proceedings where relevant facts are in dispute or when the full facts have not been disclosed, the appellant is entitled to an order in his favour. For in such a case the Minister is entitled to discharge the onus by means of viva voce evidence."

Hier is nie steun te vind vir die stelling in
die United Technical Equipment-saak, supra, dat waar die
onus op die respondent rus, die algemene reël andersom
werk en dat die saak dan behandel moet word op die basis
dat "the applicant's allegations are true" nie. Die

laaste sin van die aanhaling kan miskien die indruk wek

dat in 'n geval waar die onus op die respondent rus en

hy hom nie op die stukke van daardie onus kwyt nie, hy

verplig is om mondelinge getuienis voor te lê indien hy

wil/

78.
wil verhinder dat die apllikant se aansoek teen hom toege-staan word. Ek glo egter nie dat die hof dit so bedoel het nie. Waar 'n applikant bv. moet verwag dat sy bewerings bestry kan word, is hy nie noodwendig geregtig op 'n bevel indien die respondent, op die wie onus rus, nie vra dat die feitegeskille deur mondelinge getuienis besleg moet word nie. Die hof sou in die uitoefening van sy diskresie die aansoek kon afwys. Kyk bv. die aanhaling uit die Tamarillo-saak, supra. Ek verwys ook na twee vroeëre beslissings. Die eerste is Meyers v. Braudo 1927 TPD 393. Dit was die keerdag van 'n voorlopige sekwestrasiebevel. Die onus was op die respondent om te bewys dat hy sekere bedrae nie geskuld het nie, en die applikant het 'n finale sekwestrasiebevel op die stukke aangevra. Greenberg R

het/
79 het op 396 gesê:

"And as the applicant claims a decision on the matter and does not ask for evidence to be heard, I do not think I am justified in ordering the hearing of evidence."

Die tweede saak, Priest v. Collett 1930 CPD 372, was 'n
appèl teen 'n finale sekwestrasiebevel. Die onus was op
Priest om te bewys dat hy 'n promesse-skuld aan Collett be-
taal het. Gardiner RP (met wie Van Zyl R en Sutton R
saamgestem het) het gesê (op 374 i.f. - 375):

"The ordinary way of establishing a claim is by way of action. In sequestration proceedings a petitioner is allowed to set up a claim which he has not established by way of judgment, but if he takesthis course, hê incurs a great risk. The respondent may deny the debt, or set up a contra account, and even if the Court is not satisfied as to the denial, or as to the validity of the contra account, yet if it thinks it possible that the respondent may succeed in making good

his/

80

his defence upon action, it should refuse to sequestrate."

(Die bogemelde beslissing in Priest v. Collett is deur

hierdie hof tersyde gestel op grond daarvan dat die Kaapse

hof nie die bevoegdheid gehad het om 'n appél teen 'n sekwe-

strasiebevel wat deur die Plaaslike Afdeling van die Hoog-

geregshof in die Oostelike Distrikte uitgereik is, aan te

hoor nie. Die hof het hbm nie uitgelaat oor wat Gardiner

RP, soos hierbo aangehaal, gesê het nie.)

Die enigste beslissing waarna Harms R verwys het

toe hy sy hierbo aangehaalde stelling in die United

gemaak Technical Equipment-saak/het, is Cresto Machines (Edms)

Bpk v. Afdeling Speuroffisier, S.A. Polisie, Noord-Trans-

vaal 1972(1) SA 376 (A). Dié saak bevat geen bespreking

van, of beslissing oor, wat ek hierbo die algemene reël

genoem/
81
genoem het nie, en dit bied nie gesag vir Harms R se boge-melde stelling nie.
Uit hoofde van die voorgaande meen ek dat Kannemeyer R dit reg gehad het toe hy die feitegeskille aangaande die arrestasie van die appellante behandel het op die grondslag dat die respondente se bewerings aanvaar moes word.
Ek behandel vervolgens die appellante se betoog, soos in (c) hierbo saamgevat, dat hulle arrestasie ongel-dig was.

Reg. 3(1) bepaal dat 'n arrestasie sonder lasbrief uitgevoer kan word. Dit bepaal egter nie hoe 'n arrestasie uitgevoer moet word nie. Dit bepaal ook nie of 'n persoon

by/

82

by, of ná, sy arrestasie die rede vir sy arrestasie mee-

gedeel moet word nie. Wat die appellante betref, hoef

ons nie stil te staan by die vraag of hulle gearresteer

is nie: hulle sê, en aanvaar, dat hulle gearresteer is en

hulle saak is dat hulle arrestasie ongeldig was. Die ge-

skil tussen die partye is, kort gestel, of die lede van die

Veiligheidspolisie wat die appellante gearresteer het aan

hulle die rede vir hulle arrestasie moes gegee het en, in-

dien wel, of hulle dit gedoen het en, daarby, of hulle

dit tydig gedoen het. Die hof a quo het die betoog van

die appellante aanvaar dat, hoewel art. 39 van die Straf-

proseswet, No. 51 van 1977, 'n artikel is in 'n wet wat op

straf prosedure betrekking het, dit 'n kodif ikasie is van

die reëls wat in die Romeins-Hollandse reg met betrekking

'tot/

83

tot alle arrestasies gegeld het en dat die bepalings
daarvan dus ook op arrestasies ingevolge reg. 3(1) van toe-
passing is. (Kyk 468 I-J en 470 A-C van die hofverslag.)
Die gesag vir die betoog dat die gemene reg vereis het dat
'n gearresteerde by sy arrestasie van die rede daaryoor
verwittig moes word, is 'n passasie in Van Zyl se The
Judicial Practice in South Africa, 4de uitg., p. 207.
Dit lui soos volg:

"As to what constitutes an arrest of a person, it is not necessary that there should be a forcible attachment and detention of the person of the defendant, for as regards the mode of making the arrest, the slightest touch accompanied with a declaration of the object will suffice; and it is not even necessary that the officer should touch the defendant, provided that the conduct of the parties shew that he is in custody; for instance, the officer may come
into/....

84

into the room and lock the door 2.
Immediately a person is arrested he should be informed of the object of the arrest, and the writ authorising the arrest should be exhibited to him, and a copy of it handed to him; but a copy of the affidavit need not be served, - this
the defendant can always obtain upon applying
to the Registrar.3 "

Die gesag waarna Van Zyl by voetnoot (1) verwys, is Merula 4.24.9.2, en, by voetnoot (3), "Rule of Court 14 and Silberbauer v. Ruthven, B. 1868 p. 100 ".
In Silberbauer v. Ruthven, supra, is die respondent op 'n skip in die hawe van Port Elizabeth weens die nie-betaling van 'n geldskuld gearresteer. Die arrestasie moes ingevolge 'n lasbrief, soos deur die gemelde hofreel l4 vereis, geskied het, maar die nodige lasbrief was ten tyde van die arrestasie nog op pad van Kaapstad af, waar dit uitgereik

is/

85

is. Daar was 'n telegrafiese berig dat daar 'n lasbrief
uitgereik was, en die vraag wat die hof moes beslis, was
of die arrestasie geldig was sonder dat die lasbrief of
'n afskrif daarvan ten tyde van die arrestasie in die hande
van die adjunk-balju was en aan die gearresteerde getoon
is. Hierdie saak het alleen te doen gehad met 'n arrestasie
ingevolge 'n lasbrief soos in die gemelde hofreël bepaal.
Die uitspraak bevat geen verwysing na arrestasie in die
Romeins-Hollandse reg nie; en geen bespreking van arrestasie

sonder 'n lasbrief nie.

Wat die verwysing na Merula, Manier van Procederen,

4.24.9.2 betref, moet vooraf kortliks gesê word dat in die

siviele reg van destyds 'n arrestasie in eintlik net twee

gevalle toegelaat is, nl. (i) 'n arrestasie ter versekering

van 'n skuld waar daar goeie rede was om te glo dat die

skuldenaar/.
86 skuldenaar sou vlug, en (ii) 'n arrestasie om aan 'n hof jurisdiksie oor 'n persoon te gee wat dit andersins nie sou gehad het nie. (Kyk Van der Linden, Verhandeling over de Judicieele Practycq of Form van Procedeeren, 2.18.1; Voet 2.4.18) In albei gevalle was dit nodig om vooraf 'n bevel wat die arrestasie magtig van 'n regter te verkry. In Merula 4.24.9.2 word daar verwys na "Reële Citatie", d.w.s. "Arrest of Aantasting van Persoonen en Handstelling van Goederen", en daar word gesê dat dit in die siviele reg meestal tpepassing vind in die geval van 'n skuldenaar "die suspect is van vlugten of weg te loopen." Soos reeds gesê, was 'n bevel nodig wat so 'n arrestasie magtig. Dit blyk dus dat in Merula 4.24.9.2 niks gesê word wat enig-

sins/

87
sins op arrestasie sonder 'n voorafgaande bevel, of lasbrief, betrekking het nie. Wat die strafprosedure betref, kon iemand wat in die geval van'n "lijfstraffelijke misdaad" op heterdaad betrap is, sonder 'n voorafgaande bevel van 'n regter in hegtenis geneem word (Van der Linden, op cit., 4.5.3), maar andersins moes daar vooraf 'n bevel van 'n regter verkry word om 'n kriminele proses te kon aanlê. Daar was hoofsaaklik twee soorte sulke bevele, nl. 'n "Decreet van Apprehensie" en 'n "Decreet van Dagvaarding in persoon." Eersgenoemde, wat die arrestasie van die beskuldigde gemagtig het, is toegestaan wanneer daar ten opsigte van die daad wat die beskuldigde gepleeg hêt "bij de Wet

eene/

88

eene lijfstraf gestatueerd" was. 'n Dagvaarding is verleen in die geval van minder ernstige misdade, waar dit vol-doende geag is om 'n persoon te beveel om op 'n sekere dag voor 'n regter te verskyn. (Van der Linden, op cit., 4.5.5.) Daar moet bygevoeg word, soos Voet 2.4.27 sê, dat die prosedure by arrestasie 'n saak van plaaslike ge-
woonte en die praktyk van die verskillende howe was.

Die bostaande toon dat Merula 4.24.9.2 en die ander

bewysplekke deur Van Zyl genoem nie die stelling van die
hof a quo regverdig dat art. 39 van die Strafproseswet
van 1977 as 'n kodifikasie van die "Common Law" aangaande

alle arrestasies beskou kan word nie.

Die/

89

In vóór-Unie-wetgewing in die vier Provinsies

was daar, sover ek weet, geen bepaling wat beveel het
dat by 'n arrestasie sonder lasbrief die gearresteerde die

rede vir sy arrestasie meegedeel moes word nie. So 'n
bepaling is in 1917, met die aanvaarding van die Wet op
Kriminele Procedure en Bewijslevering, No. 31 van 1917,

ingevoer. Art. 33(2) van daardie Wet het bepaal:

"Wanneer een arrest zonder lastbrief gemaakt wordt, moet aan de gearresteerde persoon on- middellik door de arresterende persoon de reden van het arrest worden meegedeeld."

Hierdie artikel is deur art. 5(b) van die Algemene Regs-
wysigingswet, No. 46 van 1935 geskrap, maar art. 4 van

laasgenoemde wet het 'n byna gelykluidende artikel (art.

32 bis) in Wet 31 van 1917 ingevoeg.

Dit/

90

Dit lui soos volg:

"Wanneer iemand een ander zonder lastbrief arresteert, moet hij aan de gearresteerde on-verwijld de reden van het arrest meedelen."

Daar waa 'n dergelike bepaling in art. 26 van die Straf-

proseswet, No. 56 van 1955:

"Wanneer iemand 'n ander persoon sonder. lasbrief in hegtenis neem, moet hy aan die persoon wat in hegtenis geneem word die rede vir die inhegte-nisneming onverwyld meedeel."

Die ooreenstemmende bepaling - art. 39(2) -van die huidige

Strafproseswet van 1977 lui soos volg:

"Die persoon wat 'n inhegtenisneming uitvoer, moet, ten tyde van die uitvoering van die inhegtenis-neming of onmiddellik nadat die inhegtenisneming uitgevoer is, die gearresteerde persoon meedeel wat die rede vir die inhegtenisneming is of, in die geval van 'n inhegtenisneming wat uit hoofde van 'n lasbrief geskied, op versoek van die ge-

arresteerde/

91

arresteerde persoon 'n afskrif van die lasbrief aan hom oorhandig."
Hierdie art. 39(2) is 'n bepaling in 'n wet wat

met die strafprosesreg te doen het en daar kan dus nie
gesê word dat dit in die geval van arrestasies ingevolge
reg. 3(1) geld nie. Indien dit die bedoeling was dat
die artikel op arrestasies ingevolge reg. 3(1) van toe-
passing moes wees, sou dit maklik so bepaal kon gewees het.
In hierdie verband kan daarop gelet word dat reg. 5(3)
artikels 27 en 29 van die Strafproseswet van 1977 met
betrekking tot die deursoeking of betreding van persele

en die deursoeking van persone deur 'n polisie-beampte
mutatis mutandis op enige visentering of betreding kragtens

reg./
92 reg. 5 deur 'n lid van 'n Mag van toepassing verklaar. Daar is geen sodanige bepaling met betrekking tot art.39 nie. In die omstandighede sou nie gesê kon word dat 'n arrestasie ingevolge reg. 3(1) ongeldig is vanweë die nie-nakoming van die vereistes van art. 39(2) nie. Ek meen nietemin dat bevind moet word dat dit in die geval van 'n arrestasie ingevolge reg. 3(1) nodig is dat aan die gearresteerde die rede vir sy arrestasie meegedeel moet word. (Wat die rede moet behels, en op welke tydstip dit meegedeel moet word, is vrae waarna hieronder verwys word.) Ek meen dat so bevind moet word in die lig van wat die posisie vandag in ons reg is m.b.t. arrestasies in sowel siviele as strafverrigtinge, en op grond daarvan dat aanvaar moet word dat die Staatspresident met die proklame-

ring/

93

ring van reg. 3(1) van hierdie posisie bewus was. Dit is in ieder geval ook kwalik denkbaar dat bedoel kon ge-wees het dat iemand gearresteer sou kon word, en dus van sy vryheid beroof word, sonder dat aan hom aangedui word waarom hy in hegtenis geneem word. Arrestasies in siviele aangeleenthede (t.w. ad fundandam jurisdictionem en in die geval van 'n suspectus de fuga) het in ons reg nog altyd ingevolge 'n lasbrief geskied, en die gearresteerde word dus altyd meegedeel, of kan by navraag uitvind, op welke grond hy gearresteer word. By arrestasies met die oog op strafregtelike vervolging is dit (soos hierbo aangetoon) nou al vir 70 jaar die posisie dat waar 'n arrestasie sonder lasbrief geskied, die gearresteerde van die rede vir sy

arrestasie/

94

arrestasie verwittig moet word.
Wat betref die vraag hoe volledig iemand by 'n arrestasie ingevolge reg. 3(1) oor die rede vir sy arrestasie ingelig moet word, meen ek dat dit uit die aard van die saak nie moontlik is om één algemeen geldende antwoord te gee nie. Die vraag sal, net soos by arrestasies inge-volge die Strafproseswet, in die lig van die feite van elke saak beantwoord moet word. Daar is namens die appellante betoog dat die lid van 'n Mag wat iemand arresteer aan hom die "feitebasis" waarop hy ge-arresteer word, of, soos dit ook gestel is, "die

feite/

95

feite wat teen hom beweer word", moet meedeel. (Indien dit nie gedoen word nie, lui die betoog, weet die gearres-teerde nie waarom hy gearresteer word nie, en sy arrestasie sal dus ongeldig wees.) Indien ek die betoog reg verstaan, hou dit in dat die lid van 'n Mag wat iemand arnesteer méér moet doen as wat art. 39(2) vereis van 'n vredesbeampte wat 'n arrestasie uitvoer. Indien dit die betoog is, vind ek dit onaanvaarbaar. Wat art. 39(2) betref, is dit in hierdie verband voldoende om na Brand v. Minister of Justice and Another 1959(4) SA 712 (A) te verwys. Art. 26 van Wet 56 van 1955 (hierbo aangehaal) het destyds gegeld.

Die/

96

Die beskuldigde in daardie saak is by sy arrestasie mee-
gedeel dat hy weens "disturbance" gearresteer word, en daar is betoog dat die inligting wat deur dié mededeling aan hom verskaf is onvoldoende was om aan die vereistes van art. 26 te voldoen. Hierdie hof het (per Ogilvie Thompson AR) die betoog as "without substance" verwerp en onder meer gesê dat die artikel net vereis dat die ge-arresteerde "should in substance be apprised of why his liberty is being restrained." Die betrokke passasie in die uitspraak van die geleerde regter, wat ook op ander aspekte van art. 26 (en nou ook art. 39 van die huidige Strafproseswet) betrekking het, lui soos volg (op 718 A-C):

"Decisions/

97

"Decisions exist to the effect that, if this section be not complied with, the arrest is unlawful (see Gardiner and Lansdown, 6th ed. vol 1 at p. 215 and R. v. Kistesamy 1947(4) SA 788 (N) at p. 792). It may be that such a result will not always follow if the circumstances be such that the arrested person - for instance, a thief who is caught red-handed - necessarily must know why he has been arrested (cf. Christie and Another v. Leachinsky, (H.L.) 1947(14 A.E.R. 567, and R. v. Ndara, 1955(4) SA 182 (A.D.) at p. 184). It is, however, not necessary, for the purposes of this appeal, to express any opinion on that question; for, upon the learned trial Judge's findings, second respondent did, when he arrested appellant, 'forthwith' inform him that he was arrested for 'disturbance'. The submission that this was insufficient information to constitute compliance with the section is without substance. Sec. 26 manifestly does not require the arrested person to be informed of the ipsissima verba of the charge which is later to be proffered against him. What is required is that the arrested person should in substance be apprised of why his liberty is being restained."

Die/
98

Die aanklag teen die beskuldigde in Brand se saak was dat

hy 'n bepaling van Johannesburg se verkeersverordeninge

oortree het wat, soos in die uitspraak van die hof aange-

haal, soos volg gelui het:

"No person shall disturb the public peace by making noises or by shouting, roaring, wrangling,

quarreling or by riotous, violent or

unseemly behaviour by day or night, in any public or private place, or premises or on any street."

Hieruit blyk dat die oortreding op meer as een manier

en op meer as een soort plek gepleeg kon word, en dit is

duidelik dat daar dus aan die beskuldigde by sy arrestasie

bloot die kern, of aard, van sy gedrag wat die oortreding

geskep het, meegedeel is - d.w.s. geen feite, of besonder-

hede, van die wyse, plek of tyd van die beweerde oortreding

nie/

99

nie.
Volgens die appellante is daar nie aan een van hulle 'n rede vir sy arrestasie gegee nie. Vier van hulle -Ngqumba, Damos, Fuzile en Jooste - gee toe dat daar aan hulle gesê is dat hulle ingevolge die noodregulasies gearresteer word, maar hulle betoog is dat dit bloot 'n mededeling van die gesag waarvolgens hulle gearresteer is, was en nie 'n mededeling van die rede waarom hulle ge-arresteer is nie. Volgens die beëdigde verklarings van die polisiemanne wat die appellante gearresteer het, is al die appellante meegedeel dat hulle ingevolge die nood-regulasies gearresteer word en is daar ook aan elkeen gesê waarom hy gearresteer is. Soos ek hierbo gesê het,

moet/

100

moet hierdie feitegeskil tussen die partye benader word
op die grondslag dat die respondente se bewerings juis is.
Wanneer dit gedoen word, blyk dit dat daar aan elk van die
appellante gesê is op grond van welke inligting wat daar
oor hom tot die beskikking van die polisie was, hy
gearreskeer is. Daar is nie.namens die appellante be-
toog dat, selfs indien die polisie aan elk van hulle ge-
sê het wat hulle (die polisie) beweer dat hulle gesê het,
dit nogtans 'n onvoldoende mededeling van die rede vir
hulle arrestasie was nie. Die appellante se saak was
dat die polisie nie aan hulle gesê het wat hulle beweer
dat hulle gesê het nie. Besonderhede van

wat, volgens die respondente, aan die appellante m.b.t.

hulle/

101

hulle arrestasie gesê is, word hieronder weergegee, wanneer ek ook sal aandui op welke tydstip die mededeling volgens die polisie aan die verskillende appellante gedoen is. Ek behandel eers kortliks die appellante se betoog oor die vraag wanneer 'n gearresteerde die rede vir sy arrestasie meegedeel moet word, en wat die gevolg is indien die mededeling nie op die vereiste tyd geskied nie.
Wat betref die tyd wanneer 'n gearresteerde per-soon van die rede vir sy arrestasie verwittig moet word, is dit duidelik dat art. 39(2) van die Strafproseswet van 1977, waarop die appellante steun, nie vereis dat dit noodwendig gelyktydig met die arrestasie moet geskied nie. Die subartikel bepaal naamlik dat die mededeling "ten tyde

van/
102 van die uitvoering van die inhegtenisneming of onmiddellik nadat die inhegtenisneming uitgevoer is", moet geskied. Dit was ook die posisie met die voorgangers van art. 39(2), hoewel daarop gewys moet word dat waar art. 39(2) die woord "onmiddellik" gebruik, sy voorgangers (behalwe art. 33(2) van Wet 31 van 1917, wat ook die woord "onmiddellik" gebruik het) die woord "onverwyld" gebruik het, én dat waar die woord "immediately" in die Engelse teks van art. 39(2) as die ekwivalent van "onmiddellik" gebruik word, al die vroeëre bepalings die woord "forthwith" gebruik het. Dit is egter te betwyfel of die wetgewer met hier-die veranderde woordgebruik in art. 39(2) 'n verandering in betekenis wou teweeggebring het. Daar is al meermale beslis dat die woord "forthwith" nie "onmiddellik", in sy

letterlike/
103

letterlike betekenis, beteken nie, maar "so gou prakties moontlik".
Kyk bv. R v. September 1959(4) SA 256 (K) op 258 D-259 A en R v. West and Wild 1953(2) 675 (SR). In laasgenoemde saak, waar dit gegaan het oor die betekenis van die woord "forthwith" in 'n bepaling wat vereis het dat "the person arrested shall be informed forthwith by the person arresting of the cause of the arrest", het Beadle R beslis dat "in the context in which the word is used in this sub-section it means nothing more than 'as soos as reasonably possible in the circumstances.'" (Kyk 677 H - 678 A.)
Die feit dat in art. 39(2) nie vereis word dat die mededeling aan 'n gearresteerde persoon van die rede vir sy arrestasie noodwendig gelyktydig met sy arrestasie
moet/.

104
moet geskied nie, maar ook daarna kan plaasvind, hou in
dat die mededeling van die rede vir 'n arrestasie nie as
'n deel van die arrestasie gesien kan word nie. Dit blyk
ook uit wat deur hierdie hof gesê is in R v. Ndara 1955

(4) SA 182 (A), waar art. 32 bis van Wet 31 van 1917

(hierbo aangehaal) ter sprake was. Schreiner AR het o.m.

gesê (op 184 A-C);

"... the Crown is clearly right that the section only applies to what must be done after the arrest has been effected .... Assuming that the section is not merely directory, its non-observance may affect the lawfulness of the custody resulting from the arrest, but that is not in issue in this case."

Met betrekking tot die punt dat die mededeling aan 'n ge-

arresteerde/
105 arresteerde van die rede vir sy arrestasie nie deel van die arrestasie is nie, kan ook verwys word na R v. September

supra, waar die hof (op 258 C-D) in verband

met art. 26 van Wet 56 van 1955 (hierbo aangehaal) gesê
het dat "the informing of an accused of the cause of the
arrest is not an ingredient of the arrest itself", en na

S v. Dladlha 1975(1) SA 762(T), waar die hof (per Botha R)
met verwysing na gemelde art. 26 en R v. Ndara, supra,
gesê het (op 764 C):

"Die arrestasie self was nie onregmatig nie, want art. 26 het betrekking op wat gedoen moet word nadat die inhegtenisneming bewerkstellig is."
Daar is namens die appellante betoog dat in die

geval/

106

geval van 'n arrestasie ingevolge reg. 3(1) die rede vir die arrestasie gelyktydig met die arrestasie aan die ge-arresteerde gegee moet word, of,indien nie dan nie, dan so gou prakties moontlik daarna. Indien dit nie gedoen word nie, lui die betoog, is die arrestasie en die aan-houding wat daarop volg ongeldig. Daar is verder betoog dat, selfs volgens die respondente se verklarings, die appellante (of ten minste sommige van hulle) nie ten tyde van hulle arrestasie, of so gou doenlik daarna, die rede vir hulle arrestasie meegedeel is nie, en dat hulle arrestasie en aanhouding derhalwe ongeldig was.

Reg. 3(1) vereis na my mening nie dat die mede-deling van die rede vir iemand se arrestasie noodwendig

gelyktydig/

107

gelyktydig met die arrestaie moet plaasvind nie. So 'n
vereiste sou strenger wees as wat in die geval van art. 39

(2) van die Strafproseswet gestel word, en dit is bowen-
dien na my mening onwaarskynlik dat die Staatspresident
so 'n bedoeling sou gehad het. Dit is redelik om te
aanvaar, meen ek, dat daar met die opstel van die regulasie
voorsien sou gewees het dat daar gedurende die noodtoe-
stand omstandighede sou kon ontstaan waarin dit onprak-

ties, of onmoontlik, of strydig met veiligheidsvereistes

sou kon wees om aan 'n gearresteerde die rede vir sy

arrestasie gelyktydig met sy arrestasie te gee. Ek

meen dat dit juis sou wees om te bevind dat, indien 'n

gearresteerde nie by sy arrestasie van die rede vir sy

arrestasie verwittig word nie, hy so gou doenlik daarna

daarvan/....

108.
daarvan verwittig moet word. Hiermee bedoel ek nie dat die mededeling noodwendig moet geskied sodra dit fisies moontlik word om dit te doen nie. Die vraag wat doenlik is, sal van die omstandighede van elke besondere geval afhang. Dit is bv. denkbaar dat dit fisies moontlik sou wees om aan iemand die rede vir sy arrestasie te gee, maar dat dit weens veiligheidsoorwegings onraadsaam, of selfs gevaarlik, sou wees om dit te doen waar daar ander mense teenwoordig of binne hoorafstand is. Die laaste oomblik waarop so 'n mededeling gedoen word, meen ek verder, is wanneer die laaste handeling waarvoor daar in reg. 3(1) voorsiening gemaak word, geskied, d.w.s. die ondertekening van die bevel wat gelas dat die gearresteerde in 'n gevangenis aangehou moet word. In die onderhawige

saak/.
109 saak het daar na my mening, soos sal blyk uit wat ek hier-onder sê, nie in die geval van enige van die appellante so 'n lang tyd tussen sy arrestasie en die tyd waarop hy van die rede vir sy arrestasie verwittig is, verloop dat gesê kan word dat die aanhouding wat
op sy arrestasie gevolg het, as gevolg daarvan ongeldig geword het nie. (Vgl die tweede gedeelte van die hierbo aangehaalde stelling van Schreiner AR in R v. Ndara, supra, m.b.t. art. 32 bis van Wet 31 van 1917.)
Ek verwys vervolgens na wat daar in die stukke gesê word oor die arrestasie van die appellante en die mededeling aan hulle van die rede vir hulle arrestasie. Ek het reeds hierbo gesê dat volgens die respondente al

die/
110 die appellante by hulle arrestasie meegedeel is dat hulle ingevolge die noodregulasies gearresteer word en dat vier van die appellante dit erken. Ek het ook reeds gesê dat al die appellante ontken dat daar ooit aan hulle gesê is waarom hulle gearresteer is. Wat hieronder in verband met die verskillende appellante volg, kom hoofsaaklik uit die stukke van die respondente. Ngqumba:
Hy is ten tyde van sy arrestasie meegedeel waar-om hy gearresteer word. Sers. C A Williams, wat Ngqumba gearresteer het, sê dat hy aan hom gesê het dat hy be-troubare inligting gehad het dat hy (Ngqumba) van plan was om 'n nuusbrief "on behalf of radical organisations and persons" te publiseer.

Mhambe/...

111

Mhamhe:

Dit is gemene saak dat Mhamhe by die hek van 'n fabriek in King William's Town, waar hy met ander persone gestaan en gesels het, gearresteer is. Sers. J T Pieterse, wat Mhamhe gearresteer het, sê dat hy aan hom gesê het om met hom saam te kom en dat hy hom toe in sy motorvoertuig gesê het waarom hy hom gearresteer het, nl. "that he had organised secret meetings at which he had propagated the aims of the ANC in the presence of black youths. He was also in the process of organising a strike at Bundy Tubing". Damons:

Damons is, volgens sy eie verklaring, gearresteer in die slaghuis van ene Swartz in King William's Town waar hy besig was om Swartz se vrou te help. Swartz, sê hy,

is/
112 is tevore ingevolge art. 50 van die Wet op Binnelandse Veiligheid aangehou. Sers. Pieterse, wat Damons ge-arresteer het, sê dat hy aan Damons buite die slaghuis, by sy polisiemotor, gesê het waarom hy hom gearresteer het, nl. dat hy (Pieterse) betroubare inligting gehad het dat hy (Damons) "had undertaken to distribute pamphlets and placards urging civil disobedience, commencing on the 16th June 1986 and for the period thereafter." Fuzile:

Fuzile is in sy kantoor in King William's Town deur sers. Pieterse gearresteer. Pieterse sê dat hy Fuzile toe na die Veiligheidspolisie se kantore geneem het en dat hy hom daar meegedeel het waarom hy hom gearresteer het, nl. dat hy betroubare inligting gehad het dat hy

(Fuzile)/

113 (Fuzile) onderneem het "to publish a newsletter to propagate the views of radical persons and organisations in the Border area. Through this reporting and through publications such as the one proposed he also campaigned for and instigated civil disobedience." Osteridge:
Osteridge verklaar dat hy besig was om met iemand te praat toe hy deur Nel en 'n ander polisieman (Stewart) nader geroep is na waar Nel by sy motorkar gestaan het. Nel sê dat hy Osteridge gearresteer het en meegedeel het dat hy hom kragtens die noodregulasies arresteer. Nel sê verder dat daar mense om sy motor saamgedrom het en dat daar ook ander mense in sy motor was. Hy het Osteridge

toe/
114 toe in sy motor na die plaaslike (King William's Town) polisiekantore geneem en daar het hy aan hom die rede vir sy arrestasie gegee, nl. "that he had undertaken to continue the freedom struggle in die absence of leaders that had already been detained and that he also campaigned for civil disobedience. I also told him that he personally threatened persons with the 'necklace' if they provided information to the police." Nel sê dat hy hierdie mede-deling aan Osteridge "as soon as practicable" ná sy arrestasie gedoen het. Jooste:

Jooste is by sy huis in King William's Town deur luit. P J Fouché gearresteer. Fouché sê dat hy Jooste

ná/

115 ná sy arrestasie in sy motor na die plaaslike polisie-stasie geneem het en dat hy hom meegedeel het waarom hy hom gearresteer het terwyl hulle in die motor was, nl. dat hy volgens inligting tot die polisie se beskikking "betrokke was by die reëling van plakkaatoptogte, her-denkingsdienste en dat dit kan lei tot burgerlike ongehoor-saamheid."
Die volgende blyk dus, kort gestel, m.b.t. die tyd wanneer die appellante van die rede vir hulle arrestasie verwittig is: Ngqumba is by sy arrestasie meegedeel waarom hy gearresteer word, en aan Damons is daar enkele oomblike ná sy arrestasie gesê waarom hy gearresteer is. Mhamhe en Jooste is van die rede vir hulle arrestasie

verwittig/

116

verwittig terwyl hulle ná hulle arrestasie in 'n polisie-

motor op pad was na die polisiestasie. Fuzile en Osteridge

is há hulle arrestasie by die polisiestasie meegedeel

waarom hulle gearresteer is. Soos ek reeds hierbo gesê
het, was die tydverloop tussen die oomblik waarop elk
van die appellante gearresteer is en die oomblik waarop
hy van die rede vir sy arrestasie verwittig is na my mening nie so groot, of wesenlik, dat dit die geldigheid van sy aanhouding ná sy arrestasie kan affekteer nie. Indien 'n mens sou moet aanvaar - wat na my mening nie gedoen kan word nie - dat Fuzile en Osteridge vroeër van die rede vir hulle arrestasie verwittig kon gewees het as wat gebeur het en dat dié versuim die geldigheid van hulle aanhouding geaffekteer het, dan sou die geldigheid

daarvan/

117

daarvan na my mening herstel gewees het toe hulle, terwyl hulle nog steeds onder arres was, die rede vir hulle arresta-sie en aanhouding meegedeel is.
Wat Fuzile en Osteridge betref, moet nog die volgende gesê word. Daar is betoog dat hulle volgens die stukke wat daar voor die hof a quo was eers ná die ondertekening van hulle aanhoudingsbevele van die rede vir hulle arrestasie verwittig is en dat hulle aanhouding om daardie rede ongeldig is. In die uitspraak van Kannemeyer R in die hof a quo word die volgende gesê i.v.m. die oomblik waarop die appellante van die rede vir hulle arrestasie verwittig is (op 470 G-H):

"It/.

118

"It has not been suggested that the orders for detention in terms of reg. 3(l) were signed before the reasons for their arrest had been conveyed to them."

Die appellante se advokate sê dat dit 'n foutiewe stelling

is aangesien hulle die hof glad nie oor die feite m.b.t.
hierdie aangeleentheid toegespreek het nie. Die betoog

is, soos reeds gesê, dat Fuzile en Osteridge eers ná
die ondertekening van hulle aanhoudingsbevele meegedeel is
waarom hulle gearresteer is. Ek aanvaar die stelling
van die appellante se advokate, maar die gemelde betoog
m.b.t. Fuzile en Osteridge is nietemin ongegrond. Ek
het die stukke gelees en vind niks daarin wat enigsins
toon dat die redes vir Fuzile en Osteridge se arrestasie

eers ná die ondertekening van hulle aanhoudingsbevele

aan/

119 aan hulle gegee is nie.
In die lig van my bevinding hierbo dat aanvaar moet word dat aan elk van die appellante nie net gesê is dat hy ingevolge die noodregulasies gearresteer word nie, maar ook waarom hy gearresteer is, is dit nie nodig om in te gaan op die vraag of clie mededeling aan 'n persoon dat hy ingevolge reg. 3(1) gearresteer word op sigself voldoende is of, afhangende van die omstandighede, kan wees om as 'n mededeling van die rede vir sy arrestasie te kan geld nie.

Grond van appél (6):
Ek het hierbo aangedui dat toe die hof a quo

die/

120

die appellante se aansoek met koste afgewys het, hy per incuriam nagelaat het om 'n kostebevel t.o.v. sekere aangeleenthede ten gunste van die appellante te gee. Die hof het in sy uitspraak oor die appellante se aansoek om verlof om te appelleer aangedui hoe die bevel wat hy aan die einde van die saak gegee het,aangevul behoort te word, en die partye is tevrede daarmee. Daar is nie be-toog dat die wysiging van die bevel, soos deur die hof a quo voorgestel, 'n kostebevel deur hierdie hof ten gunste van enige van die appellante regverdig nie.
Uit hoofde van al die voorgaande word soos volg beveel:

(1)/..

121

(1)Al drie die appêlle word met koste afgewys,

insluitende die koste van twee advokate.

(2)Die bevel van die hof a quo (soos weergegee op

482 G-H van die hofverslag) word gewysig deur
die volgende woorde daarby te voeg, nl:

"provided that the third respondent is ordered to pay the costs occasioned by the two affidavits of Joan Margaret Huskisson, the two affidavits of James Bloomberg and the affidavits of Frederick Jacobus Le Roux and Lieut. Van Wyk as also the qualifying expenses, if any, of Joan Margaret Huskisson."

P J RABIE

WND HOOFREGTER. JOUBERT JA

VILJOEN JA

Stem saam

HEFER JA

VIVIER JA