South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1993 >>
[1993] ZASCA 58
| Noteup
| LawCite
General Accident Versekerings Maatskappy SA Bpk. v Uijs NO (655/91) [1993] ZASCA 58; 1993 (4) SA 228 (AD); [1993] 4 All SA 610 (AD) (14 May 1993)
Download original files |
LL Saak No 655/1991
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
Insake die appél van:
GENERAL ACCIDENT VERSEKERINGS-
MAATSKAPPY SA BEPERK Appellant
teen
DIRK A J UIJS NO Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, KUMLEBEN ARR en KRIEGLER
Wnd AR
VERHOORDATUM: 3 MEI 1993 LEWERINGSDATUM: 14 MEI 1993 "
UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2 Op 21 November 1987, en naby
Blouberg-strand, het ene Stander en Van Nelson hul voertuie in dieselfde rigting
bestuur. Op 'n stadium
wou Stander terugdraai. Hy het na regs oor die pad
geswaai waarop sy voertuig getref is deur dié van Van Nelson. Gert van
Huyssteen ("Van Huyssteen") het as passasier langs Stander gesit en as gevolg
van die botsing het hy ernstige beserings, veral kopbeserings,
opgedoen.
Hierdie voorval het tot gevolg gehad dat die respondent, as
aangestelde curator-ad-litem vir Van Huyssteen, 'n aksie vir verhaal van
skadever-goeding teen die appellant in die Kaapse Provinsiale Afdeling ingestel
het.
Dit is onnodig om na die pleitstukke te verwys want na afloop van die
verhoor was die volgende gemene saak:
1) Die botsing was te wyte aan die uitsluitlike nalatigheid van Stander. 2) Ingevolge die bepalings van art 8
3
van die Motorvoertuigongelukkewet 84 van 1986 was die appellant verplig om Van Huyssteen se verhaalbare skade te betaal.
3) Tydens die botsing was die sitplek-
gordel bedoel vir 'n passasier voor
in Stander se
motor nie aangegespe nie.
4) Indien die gordel wel aangegespe
was, sou Van Huyssteen waarskynlik nie
bors-, gesig-
en kopbeserings opgeloop het nie, hoewel hy dan
ander, maar
allig veel ligter, beserings sou opgedoen
het.
5) As gevolg van die
kopbeserings is
. Van Huyssteen se verstandelike vermoëns aangetas;
het hy 'n nadelige persoonlikheidsverandering onder-gaan, en is hy totaal arbeidsongeskik.
Die verhoorhof (Van Deventer R) het bevind dat Van Huyssteen kousaal nalatig
was omdat hy nie sy gordel vasgegespe het nie en dat
die skade wat hy
4 gely
het met 'n derde verminder moes word. Bedoelde skade, met uitsluiting van
toekomstige mediese koste, is op R356 850 beraam,
en gevolglik is
skadevergoed-ing ten bedrae van R237 900 met koste aan die respon-dent toegeken.
(Daar is ook ander bevele verleen
maar dié is nie tans ter sake nie.)
Eersgenoemde som is soos volg saamgestel:
(a) Verlies aan verdienvermoë R249 900
(b) Addisionele akkommodasie-
koste 31 950
(c) Algemene skade 75 000
Wat (a) betref, het die partye ooreengekom
dat sonder inagneming van gebeurlikhede Van Huyssteen se verlies die som van R294 000 beloop het. Hulle het egter verskil oor die omvang van die aftrekking wat met die oog op gebeurlikhede gemaak moes word. Die verhoorhof het dit op 15% vasgestel.
Die bedrag van R31 950 ((b) hierbo) ver-
5
teenwoordig die gekapitaliseerde waarde van R150 per
maand (maar met
inagneming van inflasie) oor Van
Huyssteen se verwagte lewensduur. Die
verhoorhof het
naamlik bevind dat indien hy nie beseer was nie,
Van
Huyssteen se verblyfskoste nagenoeg R800 per maand
sou beloop het, en
dat sodanige koste weens sy
gestremde toestand in die toekoms R950 sal
bedra.
Na afloop van die verhoor is aan beide
partye verlof tot appèl verleen. Gevolglik dien daar
nou voor ons
'n appèl en 'n teenappèl wat egter beide
op beperkte gronde berus. In eerste instansie
betwyfel albei partye die verhoorhof se beraming van
die mate waartoe Van Huyssteen se skade verminder
moes word. Vanselfsprekend beywer die appellant hom
vir 'n hoër, en die respondent vir 'n laer, persen-
tasie as die 331/3% wat die verhoorhof bepaal het.
Tweedens verset beide partye hulle teen die toeken-
ning wat vir addisionele akkommodasiekoste gemaak is.
6
Die appellant se vernaamste standpunt is dat geen, bedrag
toegeken moes gewees het nie, terwyl die respondent aanspraak maak op 'n
hoër toekenning. Ten slotte voer die respondent aan dat 'n te hoë
aftrek-king vir gebeurlikhede ten opsigte van verlies
aan verdienvermoë
gemaak is. Ek behandel die drie geskilpunte agtereenvolgens. (1) Bydraende
nalatigheid
Dit was, en is, gemene saak dat Stander op grof nalatige wyse
die botsing veroorsaak het. Hy het naamlik na links van die pad afgetrek
en toe,
sonder waarskuwing van sy voorneme, na regs gedraai ten einde terug te ry in die
rigting vanwaar hy gekom het. Aldus het
hy oor die baan van die aankomende
voertuig van Van Nelson gedraai, en indien hy gepoog het om vas te stel of
voertuie van agter
af in aantog was, was die poging geheel en al ontoereikend.
Moontlik was sy onbesonne optrede te wyte aan die
7 feit dat hy 'n ongelisensieerde bestuurder was.
Die appellant se
advokaat het egter aange-voer dat Van Huyssteen se gedrag ook ver tekort geskiet
het van dit wat van die redelike
passasier in sy plek te verwagte was. Dit blyk
dat net voordat Van Nelson en sy passasiers vanaf Ou Skip (naby Melkbosstrand)
na
Maitland vertrek het, eersgenoemde vir Van Huyssteen gemaan het om sy gordel
vas te gespe. Hy het egter geweier om dit te doen en
het toe glad nie voor die
botsing van die gordel gebruik gemaak nie. Soos te verwagte was, het die
appellant se advokaat dan ook
die graad van die gestremde se skuld gekontrasteer
met dié van 'n passasier in sy plek wat bloot vergeet het om sy gordel
vas te gespe. (Om onnodige herhaling te voorkom, gebruik ek die woord "skuld"
ter aanduiding van skuld wat oorsaaklik met die oploop
van skade verbind
is.)
Dit is 'n geykte reël dat 'n hof van appèl
8
nie inmeng nie met 'n verhoorhof se beraming van die mate waartoe 'n getroffene se skade ingevolge art 1(1)(a) van die Wet op Verdeling van Skadevergoeding 34 van 1956 (hierna kortweg art 1(1)(a) genoem) verminder moet word tensy die verhoorhof 'n wesent-like mistasting of onreëlmatigheid begaan het, of tensy bedoelde beraming treffend van dié van die hof van appêl verskil. Die appellant se advokaat het dan ook in eerste instansie betoog dat die hof a quo wel wesentlike mistastings begaan het. Dié kan soos volg saamgevat word:
(a) Die verhoorhof het nie in ag geneem dat Van Huyssteen se versuim nie aan blote onagsaam-heid te wyte was nie. (b) Geen aandag is gegee nie aan die feit dat Van Huyssteen slegs relatief geringe beserings sou opgedoen het indien hy wel sy gordel vasgegespe het.
9
(c) Die verhoorhof het nie in aanmerking geneem dat nuwe motors reeds vir baie jare met gordels toegerus word en dat dit reeds vir 'n geruime tyd strafbaar is vir onder andere 'n passasier om nie sy gordel te benut nie. (d) Die hof het verkeerdelik bevind dat die skade van Van Huyssteen met soveel as 50% vermin-der kon word slegs indien Van Nelson lig nalatig was. (e) Die hof het hom verkeerdelik op beramings in ander gewysdes beroep vir sy slotsom dat die skade van 'n passasier wat nie sy gordel vasge-gespe het met nie meer as 25% verminder behoort te word nie.
Hoofsaaklik op grond van die getabuleerde oorwegings het die appellant se advokaat uiteindelik betoog dat Van Huyssteen se skade met 50% verminder moes gewees het. Daarenteen is namens die respondent
10
aangevoer dat die persentasie vermindering slegs 25% moes gewees het.
Die
eerste twee van bostaande verwyte het weinig om die lyf. Dit is waar dat toe die
bydraende nalatigheid van Van Huyssteen bespreek
is, die ver-hoorhof nie
spesifiek verwys het nie na sy weiering om sy gordel te gebruik en die feit dat
dié versuim die oorsaak
van sy ernstige beserings was. Van Deventer R het
egter in die inleidende gedeelte van sy uitspraak hierdie gegewens as bewese
vermeld,
en dit is dus hoogs onwaarskynlik dat hy nie gedagtig daaraan was toe
hy sy aangevegte beraming gemaak het nie.
Ook (3) hierbo is sonder werklike
pit. Dit is waar dat die verhoorhof nie na die betrokke feite verwys het nie,
maar dié is
so wel bekend dat dit haas ondenkbaar is dat hulle geheel en
al buite rekening gelaat is.
11
Wat (4) betref, is gesteun op die verhoor-hof se aangevoerde wanvertolking van 'n passasie in Union National South British Insurance Co Ltd v Vitoria 1982 (1) SA 444 (A) 461-2. Die passasie lui soos volg:
"'n Mens kan jou ook voorstel dat in ' n besondere saak die getuienis sou kon aan-toon dat die passasier wat met sy kop deur die ruit gegaan het, geen ander beserings opgedoen het nie, en dat, indien hy die driepuntgordel sou gedra het, hy geen besering hoegenaamd sou gehad het nie. Gestel dat in so ' n besondere saak die getuienis aantoon dat die bestuurder van die versekerde motor in 'n geringe mate nalatig was ten opsigte van die botsing (en die gevolglike skade) terwyl die bestuurder van die motor waarin die passasier was nie nalatig was nie. Wat sou dan 'n billike en regverdige vermindering van skadevergoeding wees? Sou dit dan nie gesê kon word dat met betrekking tot die skade die passasier slegs geregtig is op 50 persent van die skadevergoeding nie?"
In sy uitspraak het die verhoorhof met
verwysing na die passasie die volgende gesê:
"In casu was die botsing uitsluitlik aan die growwe
nalatigheid van die verse-
12
kerde bestuurder te wyte. Na my mening was dit nie 'n geval soos die hipotetiese een waarna RUMPFF, HR verwys het waarin die botsing deur geringe nalatigheid aan die versekerde bestuurder se kant veroorsaak sou gewees het as gevolg waarvan dit mis-kien billik sou wees om 50% van die blaam aan die eiser se kant te plaas nie."
Die kern van die betoog namens die appel-
lant was dat die verhoorhof verkeerdelik gemeen het
dat volgens bostaande
passasie die skade van 'n
passasier soos Van Huyssteen met soveel as 50%
ver-
minder moet word slegs as die veroorsaker van die
botsing tot 'n
geringe mate nalatig was. Hoewel die
aangehaalde gedeelte van die uitspraak van die ver-
hoorhof moontlik nie
ideaal bewoord is nie, meen ek
egter nie dat die kritiek geregverdig is nie, want
pas vantevore het Van Deventer R, ook met verwysing
na die passasie in Vitoria die volgende gesê:
"Dit is duidelik uit die uitspraak van die geleerde Hoofregter dat 'n hof die omvang en verdeling van skuld met inagneming van die besondere feite in elke saak moet bepaal."
13
En daarna is besluit dat "[i]n die omstan-dighede van hierdie geval" dit
onbillik sou wees om Van Huyssteen se skade met 50% te verminder.
Ek vind dus
ook nie in die onderhawige benadering van die verhoorhof 'n wesentlike
mistasting nie.
Ek kom dan by (5) hierbo. In die loop van sy uitspraak het
Van Deventer R gesê dat daar geen gerapporteerde Suid-Afrikaanse
uitspraak
is waarin "meer as 25% skuld aan die kant van 'n eiser geplaas is omdat hy nie
sy sitplekgordel gebruik het nie", en dat
hy ook nie verwys is na 'n buitelandse
uitspraak waarin dit wel gebeur het nie. Hierdie terloopse opmerkings het van
die appellant
se advokaat 'n verwyt van oordrewe navolging van presedente
ontlok. Weer eens meen ek nie dat die kritiek geregverdig is nie. Van
Deventer R
het hom juis nie aan presedente gebonde geag nie deurdat hy Van Huyssteen se
skade
14
met 'n derde - nie onaansienlik meer as 25% nie -verminder het.
Die
advokaat vir die respondent het nie op mistastings aan die kant van die
verhoorhof gesteun nie, en wat die toepassing van art
1(1)(a) betref, is die f
inale vraag dan of die siening van hierdie hof treffend van dié van Van
Deventer R verskil.
Soos wel bekend, bepaal art 1(1)(a) dat waar iemand skade
ly wat deels aan sy eie skuld en deels aan die skuld van 'n ander persoon
te
wyte is, 'n vordering ten opsigte van die skade nie ten ge-volge van die skuld
van die eiser verydel word nie, maar dat die verhaalbare
skade in so 'n mate
verminder word as wat die hof, met inagneming van die mate van die eiser se
skuld met betrekking tot die skade,
regverdig en billik ag. Wat betref skade
gely as gevolg van 'n botsing tussen twee voertuie, vind art 1(1)(a) normaalweg
toepassing
indien die botsing
15
aan die nalatigheid van altwee bestuurders te wyte was en albei as gevolg daarvan skade gely het. In so 'n geval sou 'n bepaling van die graad van kousale nalatigheid van bestuurder A in baie gevalle - maar nie altyd nie: Jones NO v Santambank 1965 (2) SA 542 (A) 555 - ook uitsluitsel gee oor die skuldgraad van bestuurder B, en sou dit normaalweg billik wees om die skade van bestuurder A met die graad van sy nalatigheid te verminder. Moeiliker is die toepassing van die subartikel in 'n geval soos die onderhawige waar slegs Stander skuld met betrekking tot die veroorsaking van die botsing dra. Dit het Van Huyssteen se skade tot gevolg gehad en Stander se afwyking van die norm van die bonus paterfamilias kan op naby 100% gestel word. Maar wat nou as Van Huyssteen se afwyking van die norm ook op bykans 100% gestel word? Moontlik sou dan gesê kan word dat hy en Stander gelyke skuld met betrekking tot die
16
veroorsaking van sy skade het. Art 1(1)(a) bepaal egter nie dat 'n eiser se
skade verminder moet word in verhouding tot sy skuld nie,
maar wel tot die mate
wat, met inagneming van die omvang van die eiser se skuld, regverdig en billik
is. En in ' n geval soos die
onderhawige verg regverdigheid en billikheid
inagneming van die feit dat Van Huyssteen geensins tot die plaasvind van die
botsing
bygedra het nie, en dat sy skuld andersoortig as dié van Stander
was.
Weens sy breinbeserings het Van Huyssteen nie by die verhoor getuig nie.
'n Mens weet dus nie waarom hy geweier het om sy gordel te
gebruik nie. Moontlik
was hy bevrees dat indien hy hom sou vasgespe hy vasgeknel sou sit indien die
voertuig in 'n botsing betrokke
sou wees. Of moontlik het hy 'n gevoel van
bravado gehad weens sy aansienlike inname van alkohol by Ou Skip. Ten gunste van
die appellant
veronderstel ek egter dat sy weiering irrasioneel en
17
halsstarrig was.
Ter onderskraging van sy betoog dat Van Huyssteen se skade
met 50% verminder moes gewees het, het die appellant se advokaat gesteun
op
sogenaamde maatskaplike beskouings van redelikheid van gedrag. In hierdie
verband is aangevoer dat die gemeenskap se afkeer van
die versuim om 'n gordel
te gebruik in die afgelope twaalf tot vyftien jaar verskerp het. Dit mag so
wees, maar dan moet so 'n afkeer
steeds gemeet word in die lig van die
gemeenskap se verdoeming van die gedrag van 'n bestuurder wat op bykans
roekelose wyse 'n botsing
veroorsaak en aldus bygedra het tot die skade gly deur
'n onomgorde passasier.
Ek is nie van voorneme om enkele oorwegings waarop die respondent se advokaat gesteun het uiteen te sit nie. Ek sê dit omdat na opweging van alle tersaaklike oorwegings ek nie oortuig is dat die persentasie waarmee die verhoorhof Van Huyssteen se
18
skade verminder het aanmerklik van my eie beraming verskil nie. Wat hierdie
aspek betref, kan dus nóg die appél nóg
die
kruisappél slaag. (2) Addisionele akkommodasiekoste
Die
verhoorhof se bevinding dat indien Van Huyssteen nie beseer was sy gemiddelde
maandelikse akkommodasiekoste ongeveer R800 sou
beloop het, is nie deur een van
die partye aangeveg nie. Albei het egter beswaar gehad teen die hof se beraming
dat sy toekomstige
maandelikse verblyfskoste R950 per maand sal bedra. Soos
reeds genoem, het die appellant aangevoer dat Van Deventer R geen toekenning
ten
opsigte van die onderhawige item moes gemaak het nie, terwyl dit die respondent
se houding was dat laasge-noemde koste Rl 350,
alternatiewelik Rl 175,
beloop.
Die verhoorhof het met verwysing na die verblyfkoste wat deur 'n
aantal inrigtings gehef word, bereken dat die gemiddelde bedrag wat
maande-
19 liks deur 'n inwoner aan sodanige inrigting betaal-baar is R950
bedra. Volgens 'n berekeningsmetode (bewysstuk RC 9) waarop die
partye
ooreengekom het, was die gekapitaliseerde waarde van hierdie bedrag (inaggenome
inflasie) R42 600. Omdat dit onseker was of
Van Huyssteen vir die res van sy
lewe van akkommo-dasie in 'n inrigting gebruik sou maak, het die verhoorhof
egter 'n gebeurlikheidsaftrekking
van 25% gemaak, latende 'n balans van R31 950
wat aan die respondent toegeken is.
Voor die botsing het Van Huyssteen by
Stander ingewoon. Nadat hy uit die hospitaal ont-slaan is, het hy vir nagenoeg 2
maande by vriende
gebly, toe vir 3 - 4 maande by Stander, en daarna vir ' n
verdere 3-4 maande by Stander se suster. Ten tye van die verhoor was die
posisie
dat hy na die botsing minstens nege keer van (private) verblyfplek verander
het.
20
Deskundiges wat namens die partye getuig het - mev Chasen vir die respondent en mnr Van Zyl vir die appellant - was dit eens dat Van Huyssteen geselskap en gestruktureerde of semi-gestruktureerde aandag en toesig behoef. Die ideale oplossing sou wees dat hy as loseerder inwoon in 'n huis (of moontlik woonstel) indien iemand prakties konstant tuis is om na sy behoeftes om te sien. Dit is egter duidelik dat die moontlikheid dat Van Huyssteen sodanige semi-gestruktureerde verblyf vir 'n sub-stansiële tydperk of tydperke sal bekom, gering is. Die enigste realistiese alternatief is dus verblyf in 'n gestruktureerde inrigting.
Die appellant het in eerste instansie betoog dat nie bewys is dat Van
Huyssteen van ge-struktureerde verblyf gebruik sal maak nie, en dat dit
ontersake is dat dit in sy beste belang sal wees om wel in 'n gespesialiseerde
inrigting opgeneem te
21 word. Terselfdertyd is met verwysing na Blyth v
Van den Heever 1980 (1) SA 191 (A) 225-226, toegegee dat 'n hof by die
berekening van skadevergoeding wel toekomstige gebeure wat mag plaasvind
in aanmerking kan neem.
Bostaande betoog berus op 'n verkeerde premisse. In
Blyth was dit moontlik, maar nie waar-skynlik nie, dat die eiser se arm
in die toekoms afgesit sou moes word. Hierdie hof het bevind dat
met inagneming
van o a die sterkte van die moontlik-heid nogtans 'n toekenning ten opsigte van
die koste van die amputasie gemaak
moes word. In casu het ons met 'n
ander situasie te doen. Dit is nie onseker of Van Huyssteen se toestand verblyf
in 'n gestruktu-reerde inrigting verg
nie. Al wat onseker is, is die mate
waartoe hy gebruik daarvan sal maak. Afgesien van die moontlikheid dat hy by tye
semi-gestruktu-reerde
huisvesting mag vind, is hierdie onsekerheid
22
egter nie ter sake nie. Sy posisie is goed vergelyk-baar met dié van 'n parapleeg wat dag en nag ver-pleging nodig het, maar wat moontlik mag verkies om sover doenlik snags deur haar man versorg te word. Nietemin is die koste van verpleging die omvang van haar verhaalbare skade, oftewel haar vergoedings-maatstaf (vgl Cunningham v Harrison and Another (1973) 3 All ER 463 (CA) 469). En net so is in die onderhawige geval die koste van gestruktureerde verblyf Van Huyssteen se vergoedingsmaatskaf ongeag of hy al of nie konstant daarvan gebruik sal maak.
( 'n Toelating moet egter gemaak word met die oog op die moontlikheid dat Van
Huyssteen by _tye semi-gestruktureerde verblyf mag bekom.)
In tweede
instansie het die appellant se advokaat betoog dat volgens die getuienis die
koste van gespesialiseerde akkommodasie 'n
gemiddelde van
23 slegs R757,50
per maand beloop. Ten einde hierdie betoog te begryp, moet na fasette van die
getuienis van mev Chasen en Van Zyl
verwys word.
Mev Chasen het getuig dat
Colestine Lodge die enigste geskikte inrigting in die Skiereiland is. Sy het
egter toegegee dat verreweg
die meeste van die inwoners bejaard is en dat sy nie
navrae aan-gaande die geskiktheid van Belmont House in Kaapstad gedoen het nie.
Hierteenoor het Van Zyl getuig dat volgens inligting wat hy telefonies bekom het
die inwoners van Belmont House mense met aangebore
intel-lektuele probleme is;
dat die koste van verblyf R600 per maand is, en dat die inrigting ' n waglys van
30 aansoekers het (wat
met agt sal verminder na voltooi-ing van uitbreidings).
Van Zyl het ook melding gemaak van die volgende inrigtings (waarvan die
maandelikse
koste ook vermeld word).
1) Sunfield Home (Wellington) R580
24
2) Camperhill Village (Hermanus) Rl 000
3) Voorgestelde inrigting in
Robertson R850
4) Rosedene House (Kaapstad) Rl 000
Die partye het ooreengekom dat die maande-
likse koste van verblyf in Colestine Lodge Rl 350 beloop. Hierdie bedrag asook die inwoningsgelde gehef deur Sunfield Home, is egter deur die verhoor-hof buite rekening gelaat as synde die twee uiter-stes. Met verwysing na Camperhill Village, die Robertson inrigting en Rosedene House, het Van Deventer R toe die gemiddelde koste van gestruk-tureerde verblyf op R950 per maand bepaal.
Die appellant se advokaat het hierdie berekening gekritiseer omdat die koste van akkommo-dasie in Belmont House nie in ag geneem is nie, en omdat Van Zyl nie Rosedene House as 'n geskikte inrigting vir Van Huyssteen beskou het nie. Indien
25
Colestine Lodge buite rekening gelaat word, en slegs op die maandelikse koste
van verblyf in Sunfield Home, Camperhill Village, Belmont
House en die inrigting
in Robertson gelet word, so is voorts betoog, beloop die gemiddelde koste slegs
R757,50 per maand.
Die respondent se advokaat het egter aangevoer dat slegs
hoorsê getuienis aangaande ver-blyfkoste in veral Sunfield Home en
Camperhill Village deur Van Zyl gegee is, en dat daardie koste dus nie in ag
geneem kan word nie. Voorts is geargu-menteer dat Van
Deventer R die koste van
gestruktu-reerde verblyf in Rosedene House en die inrigting-in Robertson buite
rekening moes gelaat het
vanweë 'n gebrek aan aanvaarbare getuienis
aangaande die geskiktheid van daardie inrigtings. Derhalwe is gekonkludeer dat
die
koste onder bespreking gestel moes word op Rl 350 per maand (verblyf in
Colestine
26 Lodge), of alternatiewelik op Rl 175 per maand (die gemiddelde
van die koste van Colestine Lodge en Camperhill Village).
Wat betref die
hoorsê getuienis, is geen beswaar geopper toe Van Zyl dit gegee het nie.
Blykens die uitspraak is ewe min aan
die einde van die verhoor betoog dat Van
Deventer R dit weens die ontoelaatbaarheid daarvan moes ignoreer. En indien 'n
beswaar teen
die toelaatbaarheid van die getuienis geopper was, sou die
appellant allig getuies met eerstehandse kennis opgeroep het. Hierdie
is dus 'n
geval waarin die respondent nie op appèl toegelaat moet word om hom op 'n
nuwe regspunt te beroep nie.
Die appellant is vanselfsprekend verplig om Van
Huyssteen slegs ten opsigte van die koste van redelike gestruktureerde
huisvesting
te vergoed. 'n Mens moet egter nie net op die koste van beskikbare
akkommodasie let nie, maar ook op Van Huyssteen se
27
behoeftes. Hy het slegs 'n klein aantal vriende, en hulle is almal in die omgewing van Parow woonagtig. Sou hy dus in 'n buitestedelike inrigting opgeneem word, sou dit vir hom baie moeilik wees om hulle te besoek. Aan die ander kant mag hy tuiser voel in 'n plattelandse omgewing, en meer spesifiek die omgewing van Camperhill Village wat bowendien konstruktiewe deelname aan gemeenskapsprojekte bied. Dan is daar die probleem dat sommige van die inrigtings waglyste vir opname het. Ek meen dus nie dat die koste van gestruktureerde akkommodasie enigsins met matematiese presiesheid bepaal kan word nie. Daarom het dit nie veel sin om die gemiddelde koste van geskikte so-danige akkommodasie te probeer bepaal nie. Ek sê dit onder andere omdat Van Huyssteen tydens die verhoor slegs 40 jaar oud was en daar in die toekoms moont-lik verdere inrigtings in en naby die Skiereiland geopen sal word. Gevolglik is 'n robuuste benadering
28
aangewese en met inagneming van die moontlikheid dat semi-gestruktureerde
huisvesting van tyd tot tyd beskikbaar mag wees en redelikerwyse
deur Van
Huys-steen benut behoort te word, bepaal ek sy addisionele verblyfkoste op R250
per maand. In hierdie verband wys ek daarop
dat indien Van Huyssteen weer 'n
woon-stel sou bekom en 'n bediende in diens sou neem om sy etes voor te berei en
hom andersins te
versorg, haar salaris allig heelwat meer as R250 per maand sou
beloop.
Indien ek nou die berekeningsmetode in bewysstuk RC 9 toepas, is die
gekapitaliseerde waarde van R250 per maand R56 800, wat aanmerklik
meer is as
die bedrag van R31 950 wat Van Deventer R onder die onderhawige hoof toegeken
het. (3) Gebeurlikheidsaftrekkinq
Hieroor hoef nie veel gesê te
word nie. Wat betref Van Huyssteen se geraamde verlies aan
29
verdienste het die verhoorhof 'n gebeurlikheids-aftrekking van 15% gemaak
terwyl die respondent aanvoer dat die persentasie 10% of
12,5% moes gewees het.
Dit is myns insiens nie aangetoon dat Van Deventer R 'n wesentlike mistasting
begaan het nie, en daar is ook
nie 'n ander grond waarop met sy beraming
ingemeng kan word nie. Die teenappêl slaag dus sleg tot die mate dat die
toegekende
skadever-goeding van R237 900 tot R254 470 verhoog word.
Die
appél word met koste afgewys. Die teenappél slaag met koste tot
die mate dat die bedrag van R237 900 in para 1 van
die bevel van die verhoorhof
met die som van R254 470 vervang word.
H J 0 VAN HEERDEN AR
KUMLEBEN AR
STEM SAAM KRIEGLER Wnd AR